Druk Leeus se groot­ste vy­and Haaie het niks om te ver­loor

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Druk laat ’n mens soms snaak­se din­ge doen. En nie­mand kan stry dat al die druk in van­dag se kwart­eind­stryd van die Su­per-reeks op El­lis­park tus­sen die Leeus en die Haaie op die tuis­span is nie.

Al­les dui op ’n oor­win­ning vir die Leeus.

Hul­le speel voor hul eie men­se, is eer­ste op die pun­te­lys en het die Haaie reeds twee keer dié sei­soen ge­klop.

Die mees on­lang­se se­ge was juis net se­we dae ge­le­de in Durban.

So hoe­kom sal die Leeus dan nie ook van­dag in Jo­han­nes­burg, voor hul tuis­ska­re, as oor­win­naars van die veld stap nie?

Bloot om­dat s­port on­voor­spel­baar is en die guns­te­ling nie al­tyd sy sin kry nie.

Dit ge­beur nie al­tyd dat s­port uit­werk soos met Ro­ger Fe­de­rer ver­le­de week by Wim­ble­don nie, of met Ra­fa­el Na­dal nou al by tien ge­leent­he­de op sy ge­lief­de klei by die Fran­se Ope nie.

Kom ons wees nou maar eer­lik met me­kaar. Jy moet so ’n bie­tjie van ’n na­re streep in jou hê as jy die Leeus dit nie gun om van­jaar as Su­per-kam­pi­oe­ne ge­kroon te word nie.

Ver­al nou met die mooi sto­rie van ’n per­fek­te af­skeids­ge­skenk vir hul ge­lief­de af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann.

Hoe­veel keer het sul­ke ver­ha­le wat al daar in die he­me­le ge­skryf sou word, nie plat­ge­val nie en het die spro­kie nooit ’n werk­lik­heid ge­word nie.

Dit is maar hoe die le­we werk.

Van­dag sal die Haaie die Leeus se spro­kie waar­aan hul­le be­sig is om so sorg­vul­dig te skryf wil ver­y­del.

Die be­soe­kers daar uit Durban sal meen hul­le het eint­lik niks om te ver­loor nie, be­hal­we ’n rug­by­wed­stryd.

Vir die Leeus is daar veel meer op die spel. Die spe­lers wil graag vir Ac­ker­mann op ’n hoë noot groet, hul­le wil dol­graag ’n eind­stryd by die huis aan­bied, wat die u­nie mil­joe­ne in die sak kan bring, en hul­le wil hul eie ver­haal – van uit die as uit op­staan en­ke­le ja­re ge­le­de tot kam­pi­oen – in goue let­ters skryf.

Daar­om is al die druk Sa­ter­dag op hul­le.

Die Haaie kan op­daag en sorg­vry rug­by speel, ter­wyl die Leeus eers die ba­ga­sie van die druk moet af­skud voor­dat hul­le op hul spel kan kon­sen­treer.

Slaag Ja­co K­riel en sy span­maats daar­in om die juk van ver­wag­ting wat op hul­le rus af te skud, en hul­le vind hul rit­me vroeg, kan die rooi ge­ty oor die Haaie spoel en hul­le ver­swelg.

Aan die sce­na­rio dat hul span met vyf mi­nu­te se speel­tyd oor net en­ke­le pun­te voor is en die Haaie ver­woed aan­val in hul kwart­ge­bied, wil Leeus-on­der­steu­ners nie eens dink nie.

Die Leeus het wel die af­ge­lo­pe twee sei­soe­ne in Su­per­rug­by ge­wys hul­le hét ka­rak­ter en daar­die ka­rak­ter sal sy op­wag­ting moet maak om hul reis in hier­die reeks te ver­leng.

Ge­luk, een ver­keer­de (of reg­te) s­pring van die bal, en nog ’n hor­de an­der fak­to­re, in­slui­ten­de ’n om­stre­de be­slis­sing hier of daar, kan die uit­slag be­paal. Ma­ri­us van der West­hui­zen, wat ver­le­de week in Durban die fluit­jie in die mond ge­had het, is weer in be­heer.

“Ons sal ons vin­nig moet aan­pas by hoe die skeids­reg­ter die wed­stryd han­teer. Ho­pe­lik sal ons goed ge­noeg wees dat sy be­slui­te nie ’n be­pa­len­de in­vloed gaan hê nie,” sê Ac­ker­mann.

Wat ook al ge­beur, wees hier­van se­ker: El­lis­park gaan ’n te­a­ter van dra­ma wees.

.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ja­co K­riel en sy span­maats sal van­dag die juk van ver­wag­ting moet af­skud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.