S­tor­mers steur hul­le g’n aan ge­skie­de­nis

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die S­tor­mers re­ken hul­le is ge­reed om die man­tel af te skud van ’n span wat in uit­speel­wed­stry­de on­der die druk vou.

In die Ka­pe­naars se ge­skie­de­nis het hul­le nog net een uit­speel­wed­stryd in die Su­per­rug­by-reeks ge­wen – ’n half­eind­stryd teen die Wa­ra­tahs op Nu­we­land in 2010.

Die af­ge­lo­pe twee sei­soe­ne is hul­le in kwart­eind­stry­de ver­ne­der – met 39-19 deur die Brum­bies in 2015 en 60-21 deur die C­hiefs ver­le­de jaar. Sout in die won­de is dat al­bei daar­die wed­stry­de op Nu­we­land was.

Maar, sê die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, die ver­le­de gaan geen im­pak op die he­de hê nie. Hul­le het im­mers van­jaar die C­hiefs met 34-26 in ’n li­ga­wed­stryd op Nu­we­land ge­klop.

“Ver­le­de jaar se kwart­eind­stryd het be­ïn­vloed hoe ons in van­jaar se li­ga­wed­stryd teen die C­hiefs ge­speel het, so ons ver­wy­sings­punt moet wees hoe goed ons hier­die keer op Nu­we­land ge­speel het,” sê F­leck.

“Ons sien uit na die wed­stryd. Die C­hiefs het ver­le­de jaar op Nu­we­land ge­wys wat hul­le kan doen, maar hier­die jaar het ons dit ge­doen.”

F­leck sê die ge­skie­de­nis, wat wys dat die S­tor­mers se­we uit­speel­wed­stry­de in­slui­ten­de 2010 se eind­stryd ver­loor het, “is wat dit is”.

“Hier­die is ’n nu­we span en ’n nu­we veld­tog. Ons moet die fo­kus by ons­self hou en nie op die druk om die kwart­eind­stryd te wen nie. Al­mal bring dit al­tyd op – die S­tor­mers vor­der nie in die uit­speel­wed­stry­de nie. Hier­die keer gaan ons. Dís ons fo­kus.”

Die les uit ver­le­de jaar is vol­gens F­leck om nie te ver­an­der aan die span se ge­wo­ne plan­ne nie.

“Ons het in die aan­loop daar­die week moont­lik ’n bie­tjie te veel pro­beer ver­an­der. Ons het te veel e­mo­sie daar­in ge­sit en met nu­we plan­ne vo­ren­dag pro­beer kom,” sê F­leck.

“Wat ek se­dert ver­le­de jaar ge­leer het is om din­ge een­vou­dig en die struk­tuur van die week die­self­de te hou. Dis nóg ’n wed­stryd.”

Sa­ter­dag se wed­stryd is die S­tor­mers se ses­de van­jaar teen ’n Ki­wi-span. Hul­le het die C­hiefs en Blu­es in die Moe­der­stad ge­klop, maar in Nieu-See­land teen die Cru­sa­ders, High­lan­ders en Hur­ri­ca­nes ver­loor.

Ver­le­de jaar se kwart­eind­stryd teen die C­hiefs was die Ka­pe­naars se eer­ste ken­nis­ma­king net ’n Nieu-See­land­se span in hul veld­tog.

“Ons was al­mal be­kom­merd oor die in­ten­si­teit en tem­po van die Nieu-See­land­se span­ne en het dit die eer­ste keer in die kwart­eind­ron­de er­vaar.

“Ons is nou ’n fik­ser span en ons vaar­dig­he­de is ook be­ter. Ons is moei­lik om op ons tuis­veld te klop en die feit dat ons van­jaar al met Nieu-See­land­se span­ne af­ge­re­ken,”se F­leck.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die S­tor­mers se tie­ner­los­ska­kel, Da­mi­an Wil­lem­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.