Die swaard oor Ac­kers se kop Ver­loor Leeus, is dit die ein­de van die pad

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Dit was Don­der­dag­og­gend langs die oe­fen­veld op El­lis­park toe Jo­han Ac­ker­mann hom­self vir ’n oom­blik toe­ge­laat het om daar­aan te dink dat al­les dalk Sa­ter­dag vir hom tot ’n ein­de kan kom met sy Leeus.

“Dit is nie iets waar­aan jy wil dink nie, maar dit sit tog hier in jou ag­ter­kop,” het hy er­ken.

“Toe ek die ou­ens so dop­hou ter­wyl hul­le oe­fen, het ek ge­won­der, en ge­hoop, dat ons dit maar weer vol­gen­de week kan doen.”

Daar hang ’n swaard oor Ac­ker­mann se kop met die kwart­eind­stryd van die Su­per-reeks van­dag op El­lis­park teen die Haaie.

Dit is am­per soos om Rus­sie­se rou­let­te te speel.

Wen die Leeus, gaan die Ac­ker- mann-spro­kie voort tot ten min­ste in die half­eind­ron­de.

Ver­loor hul­le, is dit die ein­de van die pad vir hom by sy ge­lief­de Leeus.

“Ek pro­beer ge­fo­kus bly op dit wat ons moet doen om hier­die een (teen die Haaie) te wen en nie te dink aan wat kan wees en nie kan wees nie. Maar tog bly jy maar net mens,” sê hy.

“Ek hoop net ek kan vir so lank as wat no­dig is nog hier saam met die spe­lers wees en hul­le help voor­be­rei vir el­ke wed­stryd in die uit­speel­ron­des.”

Ja­co K­riel, die Leeus se kap­tein, sê die spe­lers gaan al­les in hul ver­moë doen om Ac­ker­mann trots te maak.

“Ai, ek wens ons kon die co­ach toe­sluit so­dat hy vir al­tyd by ons kon wees en nê­rens heen gaan nie. Ons gaan hom só baie mis wan­neer hy weg is,” sê K­riel.

Ac­ker­mann knip sy ban­de met die Leeus ná die Su­per­reeks om die En­gel­se klub Glou­ces­ter te gaan af­rig.

“Ja, ons dink ook maar daar­aan dat as ons ver­loor dit die ein­de van die pad vir ons en hom saam gaan wees. Daar­om sal ons al­les gee om te ver­se­ker dat hier­die hoof­stuk in ons le­we vir al­mal op ’n hoë noot eindig. “Ons moet die dwarss­lat el­ke keer vir ons ho­ër stel,” sê K­riel.

Ac­ker­mann be­sef die fa­se van die reeks is be­reik waar daar nie twee­de kan­se is nie.

“Jy doen die ding reg, of jy is weg,” sê hy.

Die Leeus wil met die sorg­vry­heid en pas­sie speel wat van hul­le SuidA­fri­ka se vaan­del­dra­er in Su­per­rug­by ge­maak het, en daar­om kan die e­mo­si­o­ne­le ba­ga­sie nie toe­ge­laat word om té oor­don­de­rend te wees nie.

Fo­to: GETTY IMAGES

C­harl S­chwart­zel het gis­ter by Roy­al Birk­da­le ne­ge houe oor sy laas­te 14 put­jies laat val om sy droom van ’n eer­ste Cla­ret Jug te ver­bry­sel. Lees meer op bl. 36.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.