Oop­plan­huis in The Rid­ge

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief

Dié man­ji­fie­ke dub­bel­ver­die­ping­huis is ge­leë in die ge­sog­te vei­lig­heids­land­goed The Rid­ge en is vol­maak ont­werp met die oog op styl, e­le­gan­sie en ge­rief.

Die land­goed het ’n dam met wan­del­paad­jies en is na­by al­le ge­rie­we, win­kels en die N4-snel­weg. Leer­lin­ge het di­rek­te toe­gang tot die Cur­ro-s­kool.

Die huis ver­wel­kom jou met dub­be­le glas­deu­re met ven­sters bo. Van daar vloei die ver­maak­lik­heids­a­re­as naat­loos van bin­ne na bui­te met ’n e­nor­me swem­bad tus­sen­in.

Bin­ne wag ’n for­me­le sit­ka­mer met ’n kag­gel, ’n snoe­ker­ka­mer, ook met ’n kag­gel, en ’n a­sem­ro­wen­de ont­span­nings­a­rea met ’n bin­nens­hui­se braai.

Die eet­ka­mer is oop­plan en die kom­buis en op­was­plek is baie groot. Daar is ’n af­son­der­li­ke spens. Die kom­buis pronk met prag­tig ge­verf­de kas­te met wyn­rak-ken­mer­ke en glas­deu­re, gra­niet­werk­op­per­vlak­ke, ’n gas­stoof en ’n ont­byt­hoe­kie.

Die uit­ge­leg­de tuin is keu­rig en lo­wer­ryk.’n Lief­li­ke koi-dam vloei van­uit ’n wa­ter­val ho­ër op. Die bo­me op die erf is ge­du­ren­de die bou­pro­ses be­skerm en help nou die ge­voel van ’n goed ge­ves­tig­de tuin skep.

Die erf het ook ’n na­tuur­li­ke Bos­veld-a­rea voor die ver­maak­lik­heids­a­rea, wat be­te­ken jy kan in die ge­rief van jou eie huis kyk hoe bok­ke in die rus­ti­ge en vei­li­ge om­ge­wing wei. Die ryk­dom van vo­ël- en die­re­le­we kan van­af die slaap­ka­mer­bal­kon­ne ge­niet word. Top­ge­hal­te-toe­be­hoor­sels en kris­tal­kan­de­la­bers vol­tooi dié prent­jie van styl.

Daar is vier ruim slaap­ka­mers met vier vol­le­di­ge en sui­te-bad­ka­mers, baie kas­te en hout­vloe­re wat ’n warm at­mos­feer skep. Die hoof­slaap­ka­mer het ’n e­nor­me aan­trek­ka­mer wat na die bad­ka­mer met ’n af­son­der­li­ke toi­let lei.

Daar is ook ’n tuis­kan­toor met eie in­gang en ’n gas­te­toi­let, per­so­neel­ver­blyf, drie mo­tor­hui­se en ge­noeg ek­stra par­keer­plek.

Hier­die ma­je­stu­eu­se ei­en­dom sal die ver­nuf­tig­ste ko­per se stout­ste ver­wag­tin­ge oor­tref. Op die in­las kan ge­sien word hoe jy eint­lik in die Bos­veld ont­span ter­wyl jy net ’n ha­ne­tree­tjie van die stad af is. A­dres: Prys: Groot­te:

Web­ID: Kon­tak:

Die a­sem­ro­wen­de kom­buis is e­ni­ge kok se droom.

Die oop­pla­neet­ka­mer vloei naat­loos na die an­der ver­maak­lik­heids­a­re­as.

Die bad­ka­mer spreek van tyd­lo­se e­le­gan­sie en styl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.