Dan boer ons al­mal ag­ter­uit

Die ar­ti­kel “Der­tien ge­booie wat A­fri­kaans kan red” ver­le­de Sa­ter­dag in Beeld het skerp re­ak­sie ont­lok. Die skry­wer van die ar­ti­kel, Jo­hann van der West­hui­zen, was voor­sit­ter van ’n pa­neel wat be­trok­ke was by die be­sluit van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria

Beeld - - By -

Le­o­pold S­choltz

Twee swaar­ge­wig­kom­men­ta­tors het hul­le in die laas­te week teen A­fri­kaans as on­der­rig­taal op u­ni­ver­si­teit uit­ge­spreek. Hul­le is prof. Jo­na­than Jan­sen, vo­ri­ge rek­tor van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat, en Jo­hann van der West­hui­zen, oud­reg­ter van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof.

Jan­sen se punt is dat “die grond­wet­li­ke be­pa­lings en in­sti­tu­si­o­ne­le sta­tu­te ter be­sker­ming van A­fri­kaans as on­der­rig­taal” vir baie swart men­se “’n sim­bool van ras­se-uit­slui­ting, wit be­voor­reg­ting en mar­gi­na­li­se­ring” is.

Op sy beurt ver­wys Van der West­hui­zen na art. 29 (2) van die Grond­wet, wat die reg er­ken om “on­der­wys te ont­vang in die amp­te­li­ke taal of ta­le van eie keu­se waar daar­die on­der­wys re­de­lik doen­lik is”. Hy gee dan, heel eer­lik, te ken­ne dat dié reg, wat hom be­tref, nie op­weeg teen art. 30 nie, wat be­paal dat taal­reg­te nie uit­ge­oe­fen mag word “op ’n wy­se wat met e­ni­ge be­pa­ling van die Hand­ves van Reg­te on­be­staan­baar is nie” (dus ’n ver­bod op dis­kri­mi­na­sie).

Jan­sen en Van der West­hui­zen se bood­skap is in we­se die­self­de: Aan­drang op A­fri­kaans kom nood­wen­dig op ras­se­dis­kri­mi­na­sie neer.

En om­dat die grond­wet­li­ke ver­bod op dis­kri­mi­na­sie swaar­der weeg as taal­reg­te, meen hul­le – as ek hul­le reg ver­staan – dat aan­drang op spe­si­fiek A­fri­kaan­se taal­reg­te on­grond­wet­lik is.

Ek is nie se­ker of hul­le dit be­sef nie, maar die im­pli­ka­sie van hul stand­punt is dat al­le ar­ti­kels wat taal­reg­te be­skerm waar­de­loos is en net so­wel glad nie in die Grond­wet op­ge­neem kon ge­wees het nie. Dis ver­stom­mend.

’n Mens kan jou voor­stel dat dié stand­punt op mo­re­le en/of po­li­tie­ke gron­de ge­stel word. Hul­le is nie die e­nig­stes nie. Daar is tal­le waar­ne­mers wat meen die be­grip­pe in­klu­si­wi­teit, nie­ras­sig­heid en geen dis­kri­mi­na­sie is be­lang­ri­ker as A­fri­kaan­se taal­reg­te.

Dis op sig­self ’n in­tel­lek­tu­eel eer­li­ke stand­punt waar­oor ’n mens eg­ter ge­rus ’n oop ge­sprek kan voer. Op die­self­de gron­de kan jy naam­lik ook aan­voer dat an­der ge­volg­trek­kings moont­lik is.

As in­klu­si­wi­teit, nie­ras­sig­heid en geen dis­kri­mi­na­sie be­lang­rik is (en ek deel dié me­ning), is die vraag hóé dit prak­ties na­ge­streef moet word. Is jy in­klu­sief en nie­ras­sig as jy A­fri­kaans­ta­li­ges uit­sluit?

Be­wys jy jou teen­kan­ting teen dis­kri­mi­na­sie as jy teen A­fri­kaans­spre­ken­des dis­kri­mi­neer?

Is die bes­te wy­se om ver­soe­ning na te streef om men­se se i­den­ti­teit as’t wa­re te kri­mi­na­li­seer? Of is dit om juis voor­sie­ning bin­ne die ge­meen­skap­li­ke huis daar­voor te maak?

Is dit om ’n groep aan die staat te bind deur hul­le die reg te gee om hul­self te wees? Of om hul­le te ver­vreem deur hul­le in die tan­de te skop?

Die vreemd­ste is dat Van der West­hui­zen sy eie i­de­o­lo­gie­se oor­tui­gings by wy­se van spre­ke in die Grond­wet gaan in­léés op plek­ke waar dit een­vou­dig nie voor­kom nie.

Daar is reeds be­wys dat A­fri­kaans as on­der­rig­taal ge­hand­haaf kan word son­der om nie-A­fri­kaans­spre­ken­des uit te sluit. Waar­aan die ge­ag­te oud­reg­ter hom hier skul­dig maak, is iets wat die Duit­sers noem hi­nein­in­ter­pre­tie­ren – in die a­ka­de­mie­se wê­reld ’n groot son­de.

Jan­sen het hom al as ’n on­ge­lei­de mis­siel met ’n haat teen A­fri­kaans be­wys. Ek was al by ’n toe­spraak van hom waar hy ie­mand in die ge­hoor van die po­di­um ge­vloek het toe dié op A­fri­kaans aan­ge­dring het. Ek dink nie hy hoef erns­tig op­ge­neem te word nie.

Tog be­ves­tig sy en Van der West­hui­zen se by­dra­es iets waar­op ek al voor­heen ge­wys het: As ons práát van A­fri­kaan­se taal­reg­te, hóór die an­der kant a­part­heid, dis­kri­mi­na­sie en uit­slui­ting. Dít is die groot uit­da­ging – om daar­die fun­da­men­te­le mis­ver­stand uit die weg te ruim.

■ S­choltz is ’n kom­men­ta­tor wat in Eu­ro­pa woon. Pie­ter Mul­der

Jo­hann van der West­hui­zen se ar­ti­kel sal A­fri­kaans nie red nie. Dit is op­per­vlak­kig en ver­war­rend. Van der West­hui­zen ver­klaar sy groot lief­de vir A­fri­kaans, maar spog dan dat hy “skul­dig” is dat A­fri­kaans by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria as voer­taal af­ge­skaf is. Sy “laat-maar-loop”-be­na­de­ring gaan A­fri­kaans se ein­de ver­haas.

Hy ar­gu­men­teer dat die ob­ses­sie met die “oor­le­wing” van A­fri­kaans ge­staak moet word. Praat, skryf en sing die taal, maar moet niks meer eis nie, is sy be­na­de­ring.

Daar­mee her­haal hy die ou leu­en dat so­lank ’n taal nog ge­praat word dit nie tot niet kan gaan nie.

Die ge­skie­de­nis en in­ter­na­si­o­na­le na­vor­sing be­wys dit ver­keerd. As ’n taal sy amp­te­li­ke funk­sies ver­loor en nie meer in die hof, die par­le­ment, s­kool en op u­ni­ver­si­teit ge­praat word nie, ver­loor dit sta­tus en is daar min aan­spo­ring vir ou­ers om hul kin­ders daar­in groot te maak. Bin­ne drie ge­slag­te gaan ’n taal so tot niet.

Ok­se­taans is ’n taal wat baie ge­wild was en deur meer as 14 mil­joen men­se in die sui­de van Frank­ryk ge­praat is. Fré­dé­ric Mis­tral het in 1904 die No­bel­prys vir let­ter­kun­de in Ok­se­taans ge­wen. Om­dat die Fran­se re­ge­ring be­sluit het om Frans en nie Ok­se­taans nie die e­nig­ste amp­te­li­ke taal te maak, het Ok­se­taans vin­nig ag­ter­uit­ge­gaan. Van­dag is daar slegs ’n k­lein groe­pie (min­der as 600 000) ou­er men­se wat nog die taal praat. Gaan kyk ook na hoe Wal­lies, S­kots-Ga­e­lies en an­der ta­le ag­ter­uit­ge­gaan het na­dat hul­le hul hoë taalfunk­sies ver­loor het.

Hoe­kom moe­der­taal­on­der­rig? Om­dat die ge­brek aan moe­der­taal­on­der­rig (saam met vak­bon­de) die hoof­re­des vir ons s­wak on­der­wys­peil is.

In­ter­na­si­o­na­le na­vor­sing be­ves­tig dat moe­der­taal­on­der­rig, so­veel ja­re as moont­lik, die bes­te vir kin­ders is. Dit is nie ’n po­li­tie­ke ar­gu­ment nie, maar ’n een­vou­di­ge in­ter­na­si­o­naal aan­vaar­de on­der­wys­be­gin­sel. Moe­der­taal en A­fri­kaans be­mag­tig kin­ders. Ont­hou, meer as 60% van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap is nie wit nie.

Die C­hi­ne­se stu­deer deur C­hi­nees, die Duit­sers deur Duits en die Fran­se deur Frans. Die Duit­se e­ko­no­mie is die sterk­ste in Eu­ro­pa en hoe­wel min C­hi­ne­se En­gels praat of ver­staan, is hul­le teg­no­lo­gies ver voor en s­tuur hul­le ruim­te­tuie die ruim­te in.

Na­tuur­lik word K­go­si P­ha­la van Lim­po­po be­na­deel as hy nie in sy moe­der­taal by Tuk­kies kan klas kry nie, soos Van der West­hui­zen kor­rek aan­voer. Maar sy o­plos­sing is nie om K­go­si se moe­der­taal te be­vor­der nie. Sy o­plos­sing is dat Ko­sie Nel en Li­o­nel A­pril van die A­fri­kaan­se s­kool nou óók be­na­deel moet word en nie meer in hul moe­der­taal klas mag kry nie. So boer ons al­mal ag­ter­uit. Die voor­ma­li­ge reg­ter van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof maak hier­mee ’n be­spot­ting van art. 6 (2) in die Grond­wet.

Voor­stan­ders van A­fri­kaans is nie an­tiEn­gels nie. Die hui­di­ge de­bat is pro-veel­ta­lig­heid en pro-A­fri­kaans. En­gels is be­lang­rik en maak baie deu­re oop – ver­al in­ter­na­si­o­naal. Daar­om be­hoort En­gels as vak deur stu­den­te tot op u­ni­ver­si­teits­vlak ge­neem te word – ver­kies­lik ver­plig­tend.

Daar is eg­ter ’n groot ver­skil tus­sen En­gels be­mees­ter as taal teen­oor En­gels as e­nig­ste taal van on­der­rig in al­le vak­ke.

A­fri­kaan­se stu­den­te wat in A­fri­kaans stu­deer vaar baie goed in die bui­te­land, waar hul­le dik­wels in En­gels moet werk. Na­vor­sing be­wys dat stu­den­te be­ter vaar as hul­le moei­li­ke be­grip­pe in hul moe­der­taal, soos A­fri­kaans, aan­leer.

Die skry­wer Chris Bar­nard het ge­sê: “As En­gels die oor­hand (in Suid-A­fri­ka) kry, is dit meer as net A­fri­kaans wat in die slag gaan bly. Tien in­heem­se ta­le gaan ver­dwyn. Die e­nig­ste uit­heem­se taal (En­gels) gaan bly en al 11 de­le van die koek kry, mis­kien ’n hof­li­ke wind­jie breek en ver­der stap A­fri­ka in.”

■ Pie­ter Mul­der is ’n LP en vo­ri­ge lei­er van die VF Plus.

Is die bes­te wy­se om ver­soe­ning na te streef om men­se se i­den­ti­teit as’t wa­re te kri­mi­na­li­seer? Of is dit om juis voor­sie­ning bin­ne die ge­meen­skap­li­ke huis daar­voor te maak?

Sy o­plos­sing is nie om K­go­si se moe­der­taal te be­vor­der nie, maar dat Ko­sie Nel en Li­o­nel A­pril nou ook be­na­deel moet word en nie meer in hul moe­der­taal klas mag kry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.