ATKV: bur­ger­li­ke al­ter­na­tief

’n Storm het los­ge­bars na­dat Dei­dré le Ha­nie, nu­we be­stu­ren­de di­rek­teur van die ATKV, van­dees­week ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie oor die or­ga­ni­sa­sie se A­fri­kaans Plus­pro­jek ge­hou het. Hier ver­dui­de­lik sy haar stand­punt. F­lip Buys, voor­sit­ter van die So­li­da­ri­teit Be

Beeld - - By -

A­fri­kaans Plus is nie ’n óf-óf-saak nie. Dit is nie óf A­fri­kaans óf meer­ta­lig­heid nie. Dit is A­fri­kaans Plus. My eer­ste kon­tak met die ATKV het be­gin deur die lees van twee jaar­ver­slae. Die or­ga­ni­sa­sie se waar­des, mis­sie en vi­sie het da­de­lik met by my aan­klank ge­vind. Daar­in ver­vat was die ve­le voor­beel­de en s­to­ries van die ver­skil wat die ATKV daag­liks in dui­sen­de ge­meen­skap­pe maak op die vier fo­kus­ge­bie­de (taal, kuns­te, on­der­wys en ge­meen­skap). Die ATKV raak le­wens, en as ’n trot­se A­fri­kaans­spre­ken­de het ek die harts­be­hoef­te ge­had om ’n deel van hier­die ATKV te wees.

’n De­bat oor A­fri­kaans en meer­ta­lig­heid is al­tyd goed en no­dig. Dit is deur de­bat dat ons wan­per­sep­sies uit die weg ruim en by me­kaar leer.

Die ATKV is ge­trou aan sy vi­sie en mis­sie. In die eer­ste plek is daar nie ’n rig­ting­ver­an­de­ring by die ATKV nie. Die A­fri­kaans Plus-bood­skap van die ATKV is ’n voort­set­ting van die ja­re­lan­ge be­na­de­ring by die ATKV. Die naam op sig­self sê dat A­fri­kaans die spil is waar­om al­les draai. Mis­kien is dit goed dat daar men­se is wat dit as ’n nu­we stra­te­gie be­skou, want dit gee die ATKV weer die ge­leent­heid om sy vi­sie en mis­sie in die o­pen­ba­re do­mein te be­ves­tig.

Vir die ATKV is die A­fri­kaan­se taal, kul­tuur, ken­nis en kre­a­ti­wi­teit on­mis­baar deel van na­sie­bou, ver­soe­ning en ’n suk­ses­vol­le Suid-A­fri­ka.

Daar­om sal die ATKV ’n on­der­ne­ming be­dryf om op ’n vol­hou­ba­re wy­se maat­skap­li­ke en e­ko­no­mie­se voor­uit­gang te kweek deur:

A­fri­kaans uit te bou;

’n A­fri­kaan­se kul­tuur­tuis­te te bied; Re­le­vant en ge­loof­waar­dig te wees; Ont­wik­ke­lings- en op­lei­dings­ge­rig te wees;

Net­wer­ke te ves­tig en uit te bou; E­ko­no­mies krag­tig en vol­hou­baar te wees;

In­klu­sief te wees;

Eie­tyds en di­na­mies te wees; en Die waar­de van die ATKV-han­dels­na­me te ont­gin.

A­fri­kaans is dié taal in Suid-A­fri­ka wat deur kleur­gren­se heen breek.

Dit is be­slis so dat die ATKV nie an­der ta­le na­mens an­der taal­groe­pe kan be­vor­der nie en dit is ook nie wat met A­fri­kaans Plus be­doel word nie.

Met A­fri­kaans Plus wil ons bloot dít neem waar­voor die ATKV nog al­tyd ge­staan het, en daar­mee uit­reik na nog meer ge­meen­skap­pe.

Ons wil hier­deur A­fri­kaans nog meer be­vor­der en be­mark en so help ver­se­ker dat ons ge­lief­de taal al­tyd be­staans­reg in Suid-A­fri­ka sal hê.

Deur ons reik­wyd­te te ver­breed, kan ons mu­re af­breek en ver­soe­ning help be­werk­stel­lig. Dit is ab­so­luut nood­saak­lik vir die voort­be­staan van A­fri­kaans.

Al die ATKV se ak­ti­wi­tei­te gaan steeds – soos in die ver­le­de – ál­tyd in A­fri­kaans plaas­vind, maar ons gee deel­ne­mers aan som­mi­ge van ons pro­jek­te ook kans om iets in hul moe­der­taal by te voeg. A­fri­kaans bly steeds die pri­mê­re fo­kus en voer­taal.

Dis jam­mer dat die be­lang­ri­ke punt blyk­baar op­set­lik mis­ge­kyk word deur se­ke­re groe­pe.

Dit is na­ïef om te dink dat A­fri­kaans in ’n va­kuum kan groei of bly voort­be­staan. Deur ons kor­po­ra­tie­we i­ni­si­a­tie­we en dui­sen­de pro­jek­te op tak­vlak het ons nog al­tyd A­fri­kaans be­vor­der en be­mark en nu­we har­te vir ons taal ge­wen.

Die aan­leer van ’n A­fri­ka­taal maak nie ’n A­fri­kaans­spre­ken­de min­der A­fri­kaans nie. Dit is ’n te­ken van re­spek en wel­wil­lend­heid.

Ons be­na­druk dat die be­mar­king van A­fri­kaans se ver­skei­den­heid na me­deSuid-A­fri­ka­ners sleu­tel­as­pek­te is om hier­die land te laat werk. Meer­ta­lig­heid en kul­tu­re­le uit­rui­ling is vol­gens ons die wen­re­sep vir na­sie­bou, son­der om van jou eie taal en kul­tuur af­stand te doen.

Ten slot­te: Die ATKV glo in ven­noot­skap­pe en han­de­vat en be­lê graag in dit waar­voor hy staan.

Ons nooi die Suid-A­fri­kaan­se ge­meen­skap om met ons han­de te vat. Gro­ter be­grip van me­kaar se ei­e­goed en kul­tu­re sal nood­wen­dig tot ’n be­ter Suid-A­fri­ka vir al­mal lei.

Waar po­li­tiek ver­deeld­heid bring, bou kul­tuur brood­no­di­ge brûe en maak dit dat men­se me­kaar be­ter ver­staan. Daar is so­veel goed­ge­sind­heid wat in men­se op­ge­sluit lê en wat net ont­sluit moet word.

Die post-94 his­to­rie­se stroom­ver­snel­ling in Suid-A­fri­ka het geen or­ga­ni­sa­sie on­aan­ge­raak ge­laat nie. Dit is ’n kuns én ’n we­ten­skap om ’n boot vei­lig deur die storm­wa­ters van groot om­wen­te­lings te s­tuur. Baie A­fri­kaan­se or­ga­ni­sa­sies het dan ook on­der die gol­we van hier­die on­stui­mi­ge tyd ver­dwyn.

Die vraag hoe or­ga­ni­sa­sies ver­an­de­ring moet be­stuur, word ten bes­te deur die be­stuurs­kun­di­ge Jim Col­lins van die S­tan­ford-u­ni­ver­si­teit be­ant­woord.

Ná ’n ja­re­lan­ge stu­die van dui­sen­de or­ga­ni­sa­sies kom Col­lins en sy span tot die ge­volg­trek­king dat die re­sep vir vol­hou­ba­re oor­le­wing en bly­wen­de uit­ne­mend­heid twee be­stand­de­le het: Eer­stens die be­wa­ring van jou kern­doel, en twee­dens die vol­ge­houe ver­nu­wing van jou be­stuurs­prak­ty­ke deur voort­du­rend by ’n ver­an­de­ren­de wê­reld aan te pas.

“Be­waar die kern én be­vor­der voor­uit­gang,” het Col­lins ge­sê. By die So­li­da­ri­teit Be­we­ging het ons dit ver­taal as “skep­pen­de ver­nu­wing ge­grond op be­proef­de waar­des”.

Vir taal- en kul­tuur­or­ga­ni­sa­sies be­te­ken dit om die kern­doel – die be­vor­de­ring van A­fri­kaans – te be­hou, maar te­ge­ly­ker­tyd op­win­den­de en ver­nu­wen­de stra­te­gieë in te stel om dit te be­reik.

In die Suid-A­fri­kaan­se werk­lik­heid maak dit net sin om A­fri­kaans én meer­ta­lig­heid te be­vor­der. In die prak­tyk is dit nie so mak­lik nie om­dat min ge­meen­skap­pe hul moe­der­taal as deel van hul i­den­ti­teit sien.

Dit druis ook in teen die re­ge­ring se mo­no­kul­tu­re­le be­leid, waar­vol­gens hul­le on­der die vaan­del van na­sie­bou en trans­for­ma­sie al­le ge­meen­skap­pe by die meer­der­heid wil in­lyf.

Hier­die mo­no­kul­tu­re­le re­ge­ring­stra­te­gie her­in­ner aan Le­nin se be­rug­te pro­jek om die “mens­dom te stan­daar­di­seer”.

Wan­neer ’n be­lang­ri­ke A­fri­kaan­se be­lang­heb­ben­de be­kend maak dat A­fri­kaans nie meer hul hoof­doel­wit is nie, maar dat dit voort­aan as een van die 11 in­heem­se ta­le in die kon­teks van meer­ta­lig­heid be­vor­der gaan word, flik­ker die rooi lig­te van “voog­dy­skap” en af­ske­ping van A­fri­kaans.

Die re­de is baie een­vou­dig: Weens die taal-en be­vol­king­sa­me­stel­ling van die land het soort­ge­ly­ke pro­jek­te met ’n ket­ting­re­ak­sie uit­ein­de­lik op En­gels al­leen uit­ge­loop.

Dis nie die be­doe­ling nie, maar die voor­sien­ba­re uit­koms. Je­an La­pon­ce, Ka­na­de­se taal­so­si­o­loog, het be­te­ke­nis­vol ge­maan dat veel­ta­lig­heid net ’n ty­de­li­ke oor­gangs­tyd na een­ta­lig­heid is as klei­ner ta­le met ’n wê­reld­taal moet mee­ding.

Die staats­i­de­o­lo­gie van trans­for­ma­sie – vol­gens die for­mu­le van“be­vol­kings ver­teen­woor­di­gend hei d ”– word ge­dryf on­der die slag­spreuk van“in­klu­si­wi­teit ”.

In die prak­tyk het A­fri­kaan­se in­stel­lings on­der die vaan­del van in­klu­si­wi­teit na meer­ta­lig­heid ge­trans­for­meer en uit­ein­de­lik eks­klu­sief En­gels ge­word. A­fri­kaans­spre­ken­des is prak­ties uit­ge­sluit. An­ders ge­stel: on­der die ba­nier van gro­ter “di­ver­si­teit” is daar bloot En­gel­se en de­mo­gra­fie­se “een­ders­heid” af­ge­dwing.

“In­klu­sief” be­te­ken eer­der dat al­le ta­le se ver­e­ni­gings met me­kaar moet saam­werk om al die land se ta­le te be­vor­der. Met die mis­luk­king van grond­wet­li­ke lig­ga­me soos Pan­sat en die Kom­mis­sie vir die Be­vor­de­ring en Be­sker­ming van die Reg­te van Kul­tuur-, Gods­diens- en Taal­ge­meen­skap­pe ís ’n bur­ger­li­ke al­ter­na­tief no­dig.

Suid-A­fri­ka is ’n sa­me­le­wing van ge­meen­skap­pe, daar­om lê wa­re in­klu­si­wi­teit nie in die ver­plig­te op­of­fe­ring van jou i­den­ti­teit op die al­taar van na­si­o­na­le stan­daar­di­se­ring nie. Dit help nie om kul­tu­re­le self­moord te pleeg om te pro­beer keer dat jy nie ver­moor word nie. Wa­re in­klu­si­wi­teit be­staan uit veel­vou­di­ge i­den­ti­tei­te – om te­ge­lyk A­fri­kaan, Suid-A­fri­ka­ner, A­fri­kaans­spre­kend én vol­uit A­fri­ka­ner te mag wees.

Baie waar­de­vol­le kul­tu­re­le ba­tes en kul­tuur­skat­te van A­fri­ka­ners is die laas­te ja­re ge­stroop of oor­ge­neem. Dit het ge­lei tot ’n groei­en­de ver­vreem­ding on­der baie men­se wat on­tuis in hul eie land voel. Daar­om het kul­tuur­or­ga­ni­sa­sies’ n nood­saak­li­ke rol om tuis­tes te skep in ’n om­ge­wing waar baie men­se nie meer wel­kom voel nie.

Taal-en kul­tuur­ge­meen­skap­pe het sul­ke ruim­tes no­dig waar hul­le met me­kaar kan bind, én van waar hul­le dan na die bre­ër ge­meen­skap brûe kan bou.

Maar dan moet kul­tuur­or­ga­ni­sa­sies men­se nie on­tuis in hul­le eie huis laat voel nie.

F­lip Buys F­LIP BUYS

Dei­dré le Ha­nie DEI­DRÉ LE HA­NIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.