PRI­MA BIEF­RIB­BE­TJIE MET SA­LIE­BOT­TER

Beeld - - Leefstyl -

Jy be­no­dig:

3 kg pri­ma bief­rib­be­tjie 1 knof­fel­hui­sie, ge­skil en ge­hal­veer sout

75 ml bot­ter

1 ster­a­nys

’n bos­sie vars sa­lie vars­ge­maal­de swart­pe­per

Só maak ’n mens:

1. Voor­ver­hit oond tot 220 °C.

2. Spoel die vleis af en maak goed droog. Vryf dan met die ge­sny­de kant van die knof­fel en s­prin­kel ook sout na smaak oor die vleis.

3. S­melt ’n bie­tjie bot­ter in ’n groot braai­pan en voeg die ster­a­nys by. Braai die vleis tot bruin aan al­le kan­te en plaas dan in ’n oond­pan.

4. Voeg die res van die bot­ter by die braai­pan op die stoof en voeg dan die sa­lie by. Braai oor lae hit­te vir so­wat 3 mi­nu­te so­dat die ster­a­nys en die sa­lie lek­ker in die bot­ter kan in­trek.

5. Skep die ster­a­nys en die sa­lie met ’n gaat­jies­le­pel uit die bot­ter en giet die bot­ter oor die vleis. Geur met swart­pe­per en plaas in die oond om te roos­ter vir so­wat 30 mi­nu­te. Ver­laag die hit­te tot 150 °C en roos­ter ’n uur. Toets met ’n so­sa­tie­pen. Die sap moet lig­pienk wees, nie rooi of on­deur­sig­tig nie.

6. Sit die oond af, maak die deur oop en laat die vleis so­wat 20 mi­nu­te rus (jy kan dit ook uit die oond haal en in foe­lie toe­draai om te rus). Sit voor met die vleis­sou­se en bot­ter wat in die pan ag­ter­ge­bly het.

Fo­to’s: MYBURGH DU P­LES­SIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.