400 groet ver­moor­de P­re­to­ri­a­ner

Beeld - - Voorblad - Ni­co Gous

“Gd is gr8 GP (God is gre­at GP). God’s gift to me.”

Dit is die nom­mer­plaat van die ver­moor­de Jan Bak­ker (64) se sil­wer BMW R1200GS-mo­tor­fiets wat Sa­ter­dag­og­gend voor in die Bi­ker’s C­hurch in Mid­rand langs die preek­stoel ge­staan het.

Bak­ker is Maan­dag­mid­dag op die strand in Hib­ber­de­ne aan die K­waZu­lu-Na­tal­se suid­kus dood­ge­steek.

Hy en sy vrou, Mi­chel­le (59), het met hul ver­ky­ker strand toe ge­gaan om wal­vis­se te gaan kyk. Die ver­ky­ker was in ’n sak­kie.

Die ro­wer het Jan in die bors, skou­er en nek ge­steek en met die sak­kie weg­ge­hard­loop.

Hy het te­rug­ge­draai toe hy sien daar is nie geld of ’n sel­foon in die sak­kie nie en die eg­paar se sel­fo­ne ge­steel.

Mi­chel­le het Sa­ter­dag ge­sê sy is deur vuur en “het dit nie ge­voel nie”.

“In die si­tu­a­sie waar­in ek was, het ek nie een oom­blik vrees er­vaar nie.

“Ek het nie een oom­blik ver­wy­te ge­had nie. Ek het nie haat er­vaar nie. Ek het net die He­re se teen­woor­dig­heid er­vaar. Die vre­de wat al­le ver­stand te bo­we gaan.”

Na­ge­noeg 400 men­se het Sa­ter­dag­og­gend in die kerk by­een­ge­kom om Bak­ker se le­we te vier.

Hy was die af­ge­lo­pe ne­ge jaar pre­si­dent van die Chris­ti­an Mo­tor­cy­clis­ts’ As­so­ci­a­ti­on (CMA) se Sil­ver­ton-tak.

Hen­no (29), een van Bak­ker se seuns, sê sy pa “het ons (sy kin­ders) ge­help om stout te wees. Mooi stout.”

Ma­ri­nus (26), ’n an­der seun, het ná die diens met sy pa se mo­tor­fiets uit die kerk ge­ry.

Die rou­kla­ers het ’n e­re­wag ge­vorm en hul val­helms om­hoog ge­hou.

Mi­chel­le is ’n on­der­wy­ser aan E­du­plex in Qu­eens­wood, P­re­to­ria. Jan was ’n e­lek­tro­nie­se in­ge­ni­eur.

Die eg­paar was 36 jaar ge­troud.

Jan word ook deur sy dog­ter, Lu­lu (32), oor­leef.

Fo­to: NI­CO GOUS

Ma­ri­nus Bak­ker, een van Bak­ker se seuns, ry op sy pa sil­wer BMW R1200GS­mo­tor­fiets deur die e­re­wag by die Bi­ker’s C­hurch in Mid­rand.

Fo­to: NI­CO GOUS

Die nom­mer­plaat van Jan Bak­ker se mo­tor­fiets.

Jan en Mi­chel­le Bak­ker. Mi­chel­le sê sy het geen ver­wy­te nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.