JZ dalk skot­vry?

Op­po­si­sie­par­tye sal am­nes­tie on­moont­lik maak – DA

Beeld - - Voorblad - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die eer­ste o­pen­ba­re sko­te is die na­week af­ge­vuur oor die vraag­stuk of am­nes­tie teen moont­li­ke ver­vol­ging aan pres. Ja­cob Zu­ma toe­ge­staan moet word.

Lin­di­we Si­su­lu, die jong­ste toe­tre­der tot die ANC-lei­er­stryd, het die kwes­sie op die a­gen­da ge­plaas toe sy die na­week ge­sê het ’n moont­li­ke am­nes­tie vir Zu­ma is ’n op­sie “wat die ANC ver­e­nig kan hou”.

Si­su­lu het by­ge­voeg dat am­nes­tie ook nie on­ge­woon is in die ANC nie en dat in die bes­te be­lang van die par­ty op­ge­tree moet word.

Ci­ty P­ress het gis­ter be­rig hoe­wel daar tans geen for­me­le be­spre­king van am­nes­tie vir Zu­ma is nie, het som­mi­ge in die ANC dit voor­ge­stel om die sen­ti­ment te toets.

Maar die DA het in re­ak­sie op Si­su­lu on­ver­bid­de­lik ge­bly oor die kwes­sie. Ja­mes Sel­fe, fe­de­ra­le uit­voe­ren­de voor­sit­ter van die DA, het ge­sê e­ni­ge voor­stel van am­nes­tie aan Zu­ma is “skan­da­lig, ver­re­gaan­de en moet met die min­ag­ting wat dit ver­dien, ver­werp word”.

Hy het in ’n ver­kla­ring on­der­neem dat die DA al­les moont­lik sal doen om te ver­se­ker dat Zu­ma in die hof sal ver­skyn om op die so­wat 783 kor­rup­sie­ver­wan­te klag­te teen hom te ant­woord. Die saak is “nog lank nie ver­by nie”.

T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der aan by die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, sê by na­vraag die feit dat Si­su­lu die moont­lik­heid van am­nes­tie aan Zu­ma ge­op­per het, wys dat die i­dee reeds wyd in die ANC bespreek is.

Vol­gens Ven­ter moet Si­su­lu se am­nes­tie­stel­lings nie in i­so­la­sie ge­sien word nie.

“Dit wys die ANC weet nie meer wat om met ’n ont­ken­nen­de Zu­ma, wat die par­ty as gy­se­laar aan­hou, te doen nie.

“Dit is ’n ge­wel­di­ge di­lem­ma vir die par­ty.

“On­ge­luk­kig vir die ANC is daar tans regs­pro­ses­se teen Zu­ma aan die gang en is die par­ty nie in be­heer van e­ni­ge am­nes­tie aan hom nie. Op­po­si­sie­par­tye gaan am­nes­tie aan Zu­ma on­moont­lik maak.”

Vol­gens Sel­fe kan am­nes­tie nie aan Zu­ma toe­ge­staan word nie om­dat hy, met die hulp van die ANC, Suid-A­fri­ka aan die hoog­ste bie­ër ver­koop het.

Hy sê Zu­ma mis­bruik die reg­stel­sel om sy on­ver­my­de­li­ke ver­sky­ning voor die hof te ver­traag.

Die DA het ook reeds sy ant­woor­den­de hof­stuk­ke in­ge­dien in Zu­ma se ap­pèlaan­soek teen die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria se be­vel dat die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag se vroe­ë­re be­sluit om 783 klag­tes teen hom te­rug te trek, ir­ra­si­o­neel was, het Sel­fe ge­sê.

Dié aan­soek word op 15 Sep­tem­ber aan­ge­hoor.

“Dit is ver­re­gaan­de dat die ANC dit oor­weeg om am­nes­tie aan sy lei­er toe te staan om­dat hul­le heel­te­mal ver­suim het om hom en die­ge­ne wat po­li­ties aan hom ver­bind is, aan­spreek­lik te hou om­dat hy die land in die af­grond in be­stuur.

“Die ANC kan nie toe­ge­laat word om ons de­mo­kra­tie­se in­stel­lings te mis­bruik om een man te be­skerm nie,” het Sel­fe ge­sê.

Zu­ma het Vry­dag in ge­skre­we par­le­men­tê­re ant­woor­de ont­ken dat hy aan­soek om bur­ger­skap in die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te (VAE) ge­doen het of dat hy of ie­mand an­ders vir hom ’n huis in Du­bai ge­koop het.

Sun­day Ti­mes het gis­ter be­rig sy seun Du­du­za­ne en die Gup­ta-fa­mi­lie het vroe­ër on­suk­ses­vol regs­ad­vies by drie van die land se pro­mi­nent­ste pro­ku­reurs­fir­mas ge­vra oor hoe om mil­jar­de ran­de uit Suid-A­fri­ka na die VAE te skuif.

Dit was glo om baat te vind by ’n nu­we be­las­ting­ver­drag tus­sen Suid-A­fri­ka en die VAE wat dit moont­lik maak om geld na dié be­las­tings­toe­vlugs­oord oor te plaas son­der om swaar straf in Suid-A­fri­ka te be­taal.

Vol­gens die be­rig wou die pro­ku­reurs­fir­mas nie die diens le­wer nie en het hul­le toe bui­te­land­se maat­skap­pye ge­na­der.

Pres. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.