‘ ’n Troos­hond uit he­mel’ vir we­du­wee

Beeld - - Voorblad - C­har­les S­mith

’n Troos­hond uit die he­mel.

So glo die ge­sin van Wil­lie de Wet (79) oor die wors­hond wat die dag van sy be­graf­nis op die plaas op­ge­duik en da­de­lik sy we­du­wee, Le­na, ver­troos het.

De Wet is in A­pril ver­le­de jaar, net ’n maand voor sy 80ste ver­jaar­dag, dood toe hy van ’n wind­pomp op die plaas Leeu­spruit in Roux­vil­le ge­val het.

Nie­mand het voor dié dag van Wim­pie, soos hy ge­doop is na aan­lei­ding van die wind­pomp, ge­hoor óf daar­na na hom ge­soek nie.

Wim­pie was ook ses maan­de la­ter el­ke oom­blik daar vir haar toe hul seun, Boei­je, aan in­wen­di­ge bloe­ding ge­sterf het. Hy het ook op Leeu­spruit ge­woon.

“Wim­pie is ’n re­ïn­kar­na­sie van my pa,” sê Ena van den Berg, ’n dog­ter, oor die wors­hond wat al meer as ’n jaar aan haar ma se sy is.

“Hy is eint­lik maar Wil­lie. Hy pas my op,” be­aam Le­na, met Wim­pie in die arms, waar hul­le die na­week die Vry­staat Kuns­te­fees in Bloem­fon­tein be­soek het.

Ma­rie­tjie Le­ask, die an­der dog­ter, sê sy het die hond op 1 Mei ver­le­de jaar en­ke­le ure voor haar pa se be­graf­nis op die plaas op­ge­merk toe sy gaan kyk het of al­les reg is.

Die plaas is so­wat 10 km bui­te die dorp. Hul­le het la­ter te­rug­ge­ry en die wors­hond daar ge­kry.

“Hy het da­de­lik op my ma se skoot ge­spring en net daar bly sit met sy snoet teen haar bors ge­druk.”

Se­dert­dien is Le­na en Wim­pie on­af­skeid­baar.

Hy slaap by haar op die bed en is el­ke oom­blik aan haar sy. Hul­le het o­ral pro­beer vas­stel of ie­mand weet wie sy ei­e­naar is, maar son­der suk­ses.

Dit is of Wim­pie ’n sen­sor het wat trau­ma da­de­lik op­tel, sê Ena. “Ek het trau­ma er­vaar. Hy was da­de­lik by my toe ek kom kui­er het as­of hy my wou troos. As my ma pyn er­vaar, kom lê hy bo-op haar.”

Ena glo Wim­pie het nie bloot toe­val­lig op die plaas aan­ge­kom op die dag toe haar ma fi­naal van haar pa moes af­skeid neem nie.

“Vir my spel jy toe­val­lig as ‘toe-val-lig’ uit: Toe val die lig van God op my ma.”

Die week voor­dat De Wet dood is, was hy weg van die huis.

In dié week het hul vo­ri­ge hond­jie, Boe­tie, weg­ge­raak.

Hy is dood by hul voor­deur ge­kry ’n dag voor De Wet se dood. En die dag van sy be­graf­nis het Wim­pie op­ge­daag.

Ena en Ma­rie­tjie se broer, Boei­je, is op 27 Ok­to­ber dood.

Fo­to: C­HAR­LES S­MITH

Le­na en haar dog­ters, Ma­rie­tjie Le­ask (links), en Ena van den Berg met Wim­pie die wors­hond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.