Mu­ga­be er­ken dat hy swak­ker word

Beeld - - Nuus -

In ’n seld­sa­me er­ken­ning van sy swak­heid sê pres. Ro­bert Mu­ga­be van Zim­bab­we hy wil spring van blyd­skap oor die lo­ja­li­teit en lief­de van sy par­ty se jeug­vleu­el – maar as hy nie fi­siek kan spring nie, sal hy sy hart ge­bruik.

“Ek is ge­luk­kig, ek spring rond. As ek dit nie met my be­ne kan doen nie, sal ek dit my hart doen,” het die 93-ja­ri­ge Mu­ga­be Vry­dag op ’n jeug­by­een­koms ge­sê, be­rig News24.

Hy het die jong­men­se ge­loof om­dat hul­le “geen be­geer­te toon om op­vol­gers te wees ter­wyl die pre­si­dent nog hier is nie”.

Na­ma­te Mu­ga­be ou­er en swak­ker word, neem die stryd toe on­der die se­ni­or amp­te­na­re van die re­ge­ren­de Za­nu-PF-par­ty om po­si­sies te ver­se­ker.

Vol­gens Mu­ga­be is dit eg­ter nie die ge­val met die jong men­se nie.

“My hart is oor­wel­dig deur jul lief­de vir en ver­troue in my . . . Ek is ge­luk­kig,” het hy in kom­men­taar ge­sê wat op die staats­be­heer­de ZBC TV uit­ge­saai is.

Se­dert Ju­nie het Mu­ga­be al vier jeug­saam­trek­ke ge­hou.

Die een Vry­dag in Lu­pa­ne in die wes­te van die land, is vroe­ër vir ’n week uit­ge­stel toe Mu­ga­be on­ver­wags Sin­ga­poer toe is vir ’n me­die­se on­der­soek.

Amp­te­na­re hou vol dat hy slegs vir ge­spe­si­a­li­seer­de be­han­de­ling vir sy oë soon­toe gaan.

Mu­ga­be maak staat op Zim­bab­we se jong­men­se vir on­der­steu­ning wan­neer hy hom vol­gen­de jaar weer ver­kies­baar stel.

Die on­der­steu­ning van sy vo­ri­ge lo­ja­lis­te, die oor­logs­ve­te­ra­ne, blyk te taan.

Mu­ga­be sê amp­te­na­re van die se­ni­or par­ty moet die een­heid na­volg wat die jong­men­se wys.

“Dis ’n fe­no­meen wat die ou­er par­ty­le­de moet snap en leer,” sê hy.

Pres. Ro­bert Mu­ga­be

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.