Nie­mand in ANC ge­skik vir pre­si­dent­skap – Zil­le

Beeld - - Nuus - – El­sje du Toit

Die ANC kan nie ver­an­der nie, dus sal staat­skaping in Suid-A­fri­ka nie stop­ge­sit word nie, het He­len Zil­le, Wes-Kaap­se pre­mier, Vry­dag by die be­spre­king van haar ou­to­bi­o­gra­fie Not Wit­hout a Fig­ht by die Vry­staat Kuns­te­fees in Bloem­fon­tein ge­sê.

“Nie een van die ANC se kan­di­da­te is ge­skik as ons vol­gen­de pre­si­dent nie. Die ANC se he­le stel­sel is ge­skoei op be­guns­ti­ging en dit is hoe­kom dit nie die kor­rup­sie en mis­da­dig­heid in ons land sal uit­roei nie,” het sy ge­sê.

Die lo­kaal was vol­ge­pak en daar was tal­le vrae oor die toe­koms van Suid-A­fri­kaan­se po­li­tiek.

“Ek hoop dat ge­noeg stem­mers al wak­ker ge­skrik het, want die ANC móét ver­vang word,” het sy ge­sê.

He­len Zil­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.