Kurt dra lied­jie aan sy pa op

Vi­deo word dié week uit­ge­reik

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Kurt Dar­ren dra sy nu­we lied­jie, “Jy’s ’n legend”, aan sy oor­le­de pa, Koot van Heer­den, op.

“Hy was ’n yster van ’n man,” sê Kurt oor sy pa, wat in De­sem­ber 2012 oor­le­de is. Die lied­jie is die eer­ste en­kel­snit van die sok­kie­ko­ning se nu­we al­bum, wat na ver­wag­ting in Ok­to­ber of No­vem­ber uit­ge­reik word. Die snit is Vry­dag uit­ge­reik.

“Hy was ’n goeie rol­mo­del. Hy het baie van mu­siek ge­hou en hy was net ’n voor­beeld,” sê Dar­ren oor sy pa. “Hy het nog tot hy 46 was rug­by ge­speel.”

Die mu­siek­vi­deo van die lied­jie is op ’n dak in Lan­ge­baan ge­skiet en word vol­gen­de week be­kend ge­stel.

“Die vi­deo be­staan uit al­le­daag­se le­gends,” sê Dar­ren. “Die he­le le­gends-ding gaan oor wie jou legend is. Dit kan die per­soon wees wat die per­fek­te ste­ak ge­braai het of die ma wat met twee kin­ders in haar arms in ’n win­kel­sen­trum met ’n sel­foon teen haar oor stap en steeds glim­lag. Dit kan e­nig­ie­mand wees. Vir my is dit my pa.”

Dar­ren sê al­mal in die vi­deo wys na die skerm so­dat el­ke per­soon wat dit kyk, soos ’n legend moet voel.

Dar­ren het pas te­rug­ge­keer van ’n toer in die VSA waar hy in Dal­las en C­hat­ta­n­ooga op­ge­tree het. Hy het ook voor­brand ge­maak vir die nu­we uit­brei­ding van sy reeks, Su­perSok­kie, wat vol­gen­de jaar ’n A­me­ri­kaan­se been, Su­perSok­kie USA, in At­lan­ta sal kry.

Ter­wyl Dar­ren in die VSA was, het sy vrou, Du­nay, sy twee sprui­te op ’n uit­stap­pie na die Gal­gen­berg na­by M­cG­re­gor ge­neem waar hul­le in die sneeu bal­jaar het.

Du­nay het fo­to’s van hul twee­ja­ri­ge dog­ter, Ky­rah, en ne­ge maan­de oue seun, Ka­de, op Fa­ce­book ge­deel. Dit was die eer­ste keer dat Dar­ren se kin­ders sneeu ge­sien het.

Dar­ren sê sy ge­sin woon nog lek­ker in die Paarl en is ge­luk­kig waar hul­le is. Oor ge­rug­te dat hul­le te­rug Gau­teng toe wil ver­huis, sê Dar­ren hul­le sal dalk een­dag daar­aan dink. “Daar is nog nie vas­te plan­ne of e­nig­iets nie, ek werk net meer in Gau­teng as in die Kaap.”

Fo­to: INSTAGRAM

Die mu­siek­vi­deo vir Kurt Dar­ren se nu­we lied­jie is op ’n dak in Lan­ge­baan ver­film.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.