‘Bart’ nou boos­wig in A­me­ri­kaan­se ak­sie­reeks

Beeld - - Nuus -

Twee Suid-A­fri­kaan­se ak­teurs het rol­le los­ge­slaan in die A­me­ri­kaan­se ak­sie­reeks The Flash.

Vol­gens die nuus­web­tuis­te De­ad­li­ne.com sal Neil San­di­lands, wat al te sien was in reek­se soos The 100 en The A­me­ri­cans, en Kim En­gel­brecht, wat in Do­mi­ni­on ge­speel het, elk­een ’n rol in die vier­de reeks van dié pro­gram ver­tolk.

7de Laan-ky­kers sal San­di­lands ont­hou as Bart Kru­ger, die de­li-ei­e­naar in die se­pie 7de Laan.

Plaas­lik is En­gel­brecht be­kend vir haar rol as die joer­na­lis Lol­ly de K­lerk in die se­pie I­si­din­go.

Dan­ny T­re­jo, wat al in Spy Kids en Ma­che­te ge­speel het, sal ook in die nu­we reeks speel.

Die nuus is by die Co­mi­cCon in San Die­go aan­ge­kon­dig.

Vol­gens De­ad­li­ne.com sal San­di­lands die rol van die slim boos­wig C­lif­ford DeVoe, be­ter be­kend as The T­hin­ker, speel, ter­wyl En­gel­brecht die rol van die in­ge­ni­eur, The Me­cha­nic, The T­hin­ker se tra­want, speel.

In die reeks lan­ge sa­ge sal DeVoe pro­beer om The Flash vas te vang en al­les wat fout is met die mens­dom op sy eie ma­nier pro­beer reg­stel.

Die vier­de reeks van The Flash word van 10 Ok­to­ber in A­me­ri­ka uit­ge­saai.

Fo­to: LIZA VAN DEVENTER

Neil San­di­lands

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.