‘Ho­me Alo­ne’­ak­teur (72) sterf

Beeld - - Nuus - – TMZ

John He­ard, een van die ster­re van die Ho­me Alo­ne-flieks, is in die ou­der­dom van 72 dood.

Hy het Vry­dag in sy ho­tel­ka­mer in Pa­lo Al­to, Ka­li­for­nië, ge­sterf, be­rig die web­werf BANG S­ho­w­biz.

He­ard is vol­gens ’n bron na aan die fa­mi­lie deur die skoon­maak­diens aan­ge­tref. Pa­ra­me­di­ci het hom op die to­neel dood ver­klaar, be­rig TMZ.

Die oor­saak van sy dood is nog on­dui­de­lik, maar die po­li­sie ver­moed geen mis­daad nie.

’n Ver­teen­woor­di­ger van die ak­teur het be­ves­tig dat He­ard in die ho­tel ge­bly het om van ’n “klein rug­o­pe­ra­sie” vroe­ër die week te her­stel.

He­ard het sy loop­baan in Hol­ly­wood in die laat 1970’s be­gin met C­hil­ly S­ce­nes of Win­ter (1979), ge­volg deur He­art Be­at (1980) en Cut­ter’s Way (1981), wat dees­dae as ’n klas­sie­ke fliek be­skou word.

Daar­na het He­ard in Cat Pe­op­le (1982), C.H.U.D. (1984) en Af­ter Hours (1985) ge­speel en ’n rol in Big en Be­a­ches (al­bei in 1988) ver­tolk.

He­ard is ver­al be­kend vir sy rol in die reeks The Sop­ra­nos en as Ma­cau­lay Cul­kin se pa, Pe­ter M­cCal­lis­ter, in 1990 se Ho­me Alo­ne en weer in die op­volg, Ho­me Alo­ne 2: Lost in New York, twee jaar la­ter.

Fo­to: GETTY IMAGES

John He­ard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.