Twis oor san­gers

‘Hul­le wil on­wet­tig mee­ding met A­fri­kaans is Groot’

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

Gaan dit oor wié ko­ning kraai in die A­fri­kaan­se kon­sert­be­dryf en op A­fri­kaan­se fees­te?

Of is die hu­we­liks­boot­jie van Co­les­ke Ar­tis­ts, van Ar­nold en E­wald Co­les­ke, en Jo­han Vor­ster, voor­heen van E­den-faam wat al ja­re be­trok­ke is by die Co­les­kes se A­fri­kaans is Groot-kon­ser­te, bloot op die rot­se?

Wat ook al daar­toe ge­lei het dat Co­les­ke Ar­tis­ts ’n aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien het teen Vor­ster en on­der meer sy maat­skap­pye, Al­tyd in A­fri­kaans, as­ook In­houd Huis Mu­siek Ko­pie­reg, dit is uit hof­do­ku­men­te dui­de­lik dat die Co­les­kes en Vor­ster nie op goeie voet uit­me­kaar is nie.

Na­dat Rap­port gis­ter oor die twis be­rig het, het Ar­nold Co­les­ke by na­vraag ge­sê hy wil geen kom­men­taar le­wer nie, “be­hal­we dat ek hoop en ver­trou dat die saak op ’n ge­son­de ma­nier uit­ge­sor­teer kan word”.

Op sy beurt het Vor­ster op die vraag of hy nog hof­sa­ke voor­sien, ge­sê die vraag moet aan Co­les­ke ge­vra word.

Op ’n vraag of die ver­breek­te ver­hou­ding met die Co­les­kes ná so­veel jaar saam pyn­lik is, het Vor­ster ge­sê dit was nie ’n e­mo­si­o­ne­le be­sluit nie, maar ge­grond op oor­tui­ging.

Maar wat het ver­keerd ge­loop? Is dit oor geld?

Hier­op sê Vor­ster die e­nig­ste kom­mo­di­teit in die mu­siek­be­dryf is dat die reg­te in­houd deur die reg­te kuns­te­naars uit­ge­voer moet word.

“Dit gaan oor die in­houd: wie dit skep en aan wie dit be­hoort. In­houd Huis Mu­siek skep in­houd teen ’n snel pas saam met kuns­te­naars soos Jo Black en an­der top­ver­ko­pers.

“Ons fo­kus daar­op om in­houd te skep in ’n me­de­din­gen­de mark. Daar is plek vir al­mal in die be­dryf.”

Vor­ster sê hy sal te al­le tye in be­lang van kuns­te­naars en hul han­dels­mer­ke op­tree en sal vol­doen aan die stan­daar­de van die be­dryf om reg­ver­di­ge me­de­din­ging te be­vor­der.

In ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring wat op 6 Ju­lie deur Ar­nold Co­les­ke on­der­te­ken is, voer hy aan Vor­ster en Ja­co­mien de Vil­liers, (die al­leen­di­rek­teur van Onyx Mu­sic Pu­blis­hing, wat tus­sen 2011 en 2016 diens­te aan Co­les­ke Ar­tis­ts ver­skaf het), is on­ge­luk­kig ’n “me­de­din­gen­de fak­sie” wat nou be­sig is met na­boot­sing.

Co­les­ke voer aan hul­le skep “on­wet­ti­ge kom­pe­ti­sie” vir die sa­ke­mo­del en die i­dee van Co­les­ke Ar­tis­ts en A­fri­kaans is Groot se kern­sa­ke.

Die par­tye het in­tus­sen oor­een­ge­kom dat Vor­ster en De Vil­liers geen do­ku­ment, da­ta of e-pos­boodsk ge­bruik waar­van die ei­en­doms­reg in Co­les­ke Ar­tis­ts se han­de is nie. De Vil­liers sal ook nie do­ku­men­te, da­ta en e-pos wat op die s­koot­re­ke­naar ge­stoor is wat deur die Co­les­kes aan haar ge­gee is, ge­bruik om e­ni­ge van die re­spon­den­te se sa­ke te be­vor­der nie. Die oor­een­koms is amp­te­lik deur die hof be­krag­tig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.