Jo­han Vor­ster in sy be­ë­dig­de ver­kla­ring

Beeld - - Nuus -

Vor­ster sê die ver­kla­ring wat hy op 12 Ju­lie on­der­te­ken het, is na­mens Al­tyd in A­fri­kaans en In­houd Huis Mu­siek Ko­pie­reg.

Laas­ge­noem­de ver­teen­woor­dig kuns­te­naars soos Bok van B­lerk, Kar­lien van Jaars­veld, Li­a­nie May, Dewald Wasser­fall, Jo Black en Le­ah.

Al­tyd in A­fri­kaans is ’n maat­skap­py wat hy en Ja­co­mien de Vil­liers ge­stig het vir die pro­duk­sie van mu­siek­ver­to­nings en kul­tu­re­le fees­te. In dié sta­di­um is daar reeds oor­een­ge­kom oor een fees, In A­fri­kaans, wat in De­sem­ber in Har­ten­bos ge­hou word.

“Die aan­soe­kers het net een­vou­dig nie die reg om die fees te keer nie – dit lyk as­of dit is wat hul­le in ge­dag­te het met die hof­aan­soek,” sê Vor­ster.

Hul­le het nie ’n be­skerm­ba­re be­lang in die i­dee van mu­siek­fees­te in die al­ge­meen of e­ni­ge as­pek daar­van nie.

Die saak wat uit­ge­maak word, “is dat ons ’n oor­een­koms ge­bruik het wat die aan­soe­kers aan­voer hul ei­en­dom is,” sê Vor­ster.

Vol­gens Vor­ster is daar geen oor­een­koms dat hy sy diens­te eks­klu­sief aan die Co­les­kes en A­fri­kaans is Groot sou bied nie.

Hy sê De Vil­liers was ook nie ’n werk­ne­mer van die aan­soe­kers nie; sy is die al­leen­di­rek­teur van Onyx Mu­sic Pu­blis­hing, wat tus­sen 2011 en 2016 diens­te aan Co­les­ke Ar­tis­ts ver­skaf het.

Vol­gens Vor­ster is die oor­sprong van die be­paal­de kon­trak wat deur Co­les­ke ge­noem word S­kou­spel. Dié kon­trak is oor­ge­neem deur Co­les­ke Ar­tis­ts en A­fri­kaans is Groot en met­ter­tyd deur hul regs­ver­teen­woor­di­gers ver­an­der.

Vor­ster meen daar is niks spe­si­aals of u­nieks aan A­fri­kaans is Groot nie. Daar is jaar­lik­se dui­sen­de mu­siek­fees­te oor die wê­reld heen. “Hier­die by­een­koms­te word al de­ka­des ge­hou”. Ver­der is ’n DVD of CD­sa­me­stel­ling van ’n kon­sert deel van die in­kom­ste­mo­del vir die or­ga­ni­seer­ders daar­van.

Hy ver­wys on­der meer na S­kou­spel en sê in sy be­ë­dig­de ver­kla­ring: “Toe A­fri­kaans is Groot be­gin is, het baie deel­ne­mers in die be­dryf dit er­ken as ’n na­boot­sing­pro­duk­sie van S­kou­spel.”

Hy noem groot fees­te soos die on­lang­se In­ni­bos­fees in M­bom­be­la (Nel­spruit), Har­tjie van die Vry­staat en Aard­klop (nou die Pot­chef­stroom­kuns­te­fees) en die kon­sert Lief­de by die A­re­na, wat op 14 Ju­lie by Grand West in Kaap­stad ge­hou is, as ver­de­re voor­beel­de van ti­pie­se A­fri­kaan­se mu­siek­ver­to­nings.

Vor­ster sê hy weet nie hoe­kom Co­les­ke so “ver­skrik, ver­ras en ver­al be­kom­merd” is nie.

“Die i­dee dat ie­mand an­ders ’n A­fri­kaan­se mu­siek­ver­to­ning sal re­ël, kan nie as ’n ver­ras­sing vir Co­les­ke Ar­tis­ts en A­fri­kaans is Groot kom nie – daar is jaar­liks hon­der­de mu­siek­fees­te,” sê Vor­ster.

Fo­to: IN­HOUD HUIS

Jo­han Vor­ster

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.