Mei­sie in Bfn ont­voer, tal­le ke­re ver­krag

Beeld - - Nuus - – Al­za­ne Nar­rain

’n Mei­sie is die na­week ge­red na­dat sy ont­voer en ure lank in ’n ver­val­le woon­stel­blok in Bloem­fon­tein ver­krag is. Kapt. C­ha­ka Ma­r­o­pe, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê die 19-ja­ri­ge mei­sie is Sa­ter­dag­og­gend ont­voer toe sy nie haar dwelm­han­de­laar by ’n vul­sta­sie in Genl. De Wet in die stad kon be­taal nie.

Die mei­sie het Vry­dag dwelms by ’n Ni­ge­ri­ër ont­vang en sou hom die vol­gen­de dag be­taal.

Toe sy hom nie kon be­taal nie, het hy haar na be­we­ring ont­voer en na die For­far Pla­ce-woon­stel­blok in die mid­de­stad ge­bring.

Ma­r­o­pe sê die man het die mei­sie be­dwelm en haar ge­dwing om drank te drink.

Se­we mans het die mei­sie ure lank om die beurt ver­krag. Hul­le het haar toe ge­dwing om haar ou­ers te kon­tak en ’n los­prys van R6 000 vir haar vry­la­ting ge­ëis.

Die mei­sie se pa het ná die op­roep die po­li­sie ge­kon­tak.

Le­de van die po­li­sie se mis­daad­in­tel­li­gen­sie-een­heid, die een­heid vir o­pen­ba­re or­de (POP) en die tak­tie­se­re­ak­sie-een­heid (TRT), het eer­gis­ter­aand ’n lok­val vir die mans ge­stel.

Vol­gens Ma­r­o­pe het die dwelm­han­de­laar die mei­sie na die vul­sta­sie, waar hy haar ont­voer het, ge­bring waar hy haar in ’n ruil­tran­sak­sie met haar pa sou vry­laat.

Die man is eer­gis­ter om­streeks 21:30 by die vul­sta­sie in heg­te­nis ge­neem. Die mei­sie is toe in die sorg van haar pa ge­laat.

Nog twee Ni­ge­ri­ërs is kort daar­na aan­ge­keer.

Die drie mans, tus­sen 34 en 38 jaar oud, ver­skyn bin­ne­kort op aan­klag­te van ont­voe­ring en ver­krag­ting in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein.

Die vier an­der mans wat die jong vrou ook ver­krag het, is steeds op vrye voet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.