Vier tjok­ka­vis­sers nog soek

Beeld - - Nuus - – Ros­lyn Baat­jies

Die soek­tog duur voort na die vier ver­mis­te vis­ser­man­ne, deel van ’n be­man­ning van 16, wie se tjok­ka­boot ver­le­de week na­by St. Fran­cis­baai in die moei­lik­heid be­land en om­ge­slaan het.

Agt vis­sers het ver­le­de Son­dag­og­gend ver­mis ge­raak toe hul tjok­ka­boot, die Ma­re­don, in die mid­der­nag­te­li­ke ure in die moei­lik­heid be­land het.

Die boot het om­ge­slaan en by Sunset Rock, St. Fran­cis­baai, ge­strand.

Sers. Ma­jo­la N­koh­li, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê die soek­tog duur voort en gaan nie bin­ne­kort af­ge­las word nie.

“Die po­li­sie doen ’n be­roep op in­wo­ners om da­de­lik die nom­mer 10111 te ska­kel as hul­le lig­ga­me in die see sien dryf of wat op stran­de uit­ge­spoel het.”

Se­we van die 16 be­man­nings­le­de het die voor­val oor­leef.

Eu­an K­riel (31) se lyk is die­self­de og­gend tus­sen rot­se ge­vind.

Die lyk van die 43-ja­ri­ge M­bon­ge­ni Gift Zu­lu is Woens­dag in die see na­by Blue Ho­ri­zon Bay ge­vind en Don­der­dag het die ly­ke van die 39-ja­ri­ge Sihle Dla­mi­ni en die 40ja­ri­ge M­ve­li­si N­ca­ny­wa by Ki­ni­baai uit­ge­spoel.

Die vier­de lyk het Vry­dag uit­ge­spoel.

Vol­gens N­koh­li is die man nog nie uit­ge­ken nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.