‘Dít is die hart­seer van son­de’

‘Man moet met ge­volg leef’

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

“Wat is die erg­ste? Of ie­mand Li­quid G ge­drink het saam met wyn? Of ie­mand moord pleeg?

“Of die ge­meen­skap skin­der? Of ons me­kaar nie kan ver­ge­we nie?

“Al hier­die goed is son­de en ja, par­ty son­des het ’n gro­ter ge­volg as an­der son­des, maar dit al­les maak jou dood.”

Só het ds. Braam Coet­zee Sa­ter­dag ge­sê by die rou­diens vir Idali van Zyl (39) wat in S­truis­baai ge­hou is.

Idali is Woens­dag twee we­ke ge­le­de dood na­dat sy ’n do­sis van die dwelm Li­quid G ge­bruik en wyn saam met haar man, F­red­die (42), ge­drink het.

F­red­die kan niks ont­hou nie van die aand toe hy en Idali in hul huis in B­re­das­dorp ge­kui­er het voor­dat hy in ’n plas van sy eie bloed wak­ker ge­word en sy vrou dood in hul bad­ka­mer aan­ge­tref het.

“Die hart­seer van son­de is daar is ’n ge­volg en jy kan dit nie weg­vat nie. Die ge­volg is hier­die man moet vir die res van sy le­we daar­mee leef,” het Coet­zee ge­sê.

“F­red­die het klaar vir my ge­sê hy wil an­ders be­gin le­we, hy wil an­der ge­woon­tes hê, en hy wil vir sy kin­ders ’n nu­we wê­reld oop­maak,” het Coet­zee ge­sê.

’n S­nik­ken­de F­red­die het die NG kerk Suid­punt bin­ne­ge­stap met dik­ge­huil­de rooi oë en met sy arm om sy seun, FC (9), wat ook hoor­baar ge­huil het.

Idali se dog­ter uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik, A­ni­ta Koe­le­gen­berg (19), het met haar stief­sus­sie, Mie­ke (6), aan die hand ge­stap.

A­ni­ta sa pa, Con­rad, het die diens ook by­ge­woon.

Voor­dat die diens be­gin het, het Idali se ma in stil­te voor die fo­to van haar dog­ter voor in die kerk ge­staan ter­wyl sy die tra­ne van haar ge­sig ge­vee het.

Sy wou nie haar naam ge­noem hê nie.

Idali se stief­ma, Ka­ren Mey­er-Ma­ree, het die diens ook by­ge­woon, al is ’n af­son­der­li­ke diens vir Idali Don­der­dag in Kaap­stad ge­hou.

“Ek wil met ’n seer hart van­dag vir Je­sus dan­kie sê vir die twee kin­ders wat hy vir my ge­gee het,” het F­red­die in sy be­dan­kings ge­sê voor­dat hy in tra­ne uit­ge­bars en sy woor­de tus­sen die snik­ke weg­ge­raak het.

“FC en Mie­ke, dan­kie dat jul­le vir Pap­pa ge­dra het, jul­le was die twee ster­kes. Pap­pa het dit nie ge­maak as dit nie vir jul­le twee was nie.”

F­red­die en Idali sou in Sep­tem­ber hul tien­de hu­we­liks­her­den­king ge­vier het.

Coet­zee het ty­dens die diens ver­tel hoe Idali die kop­pe laat draai het.

Hy het ge­sê F­red­die kon nie glo dat ’n vrou wat so mooi soos Idali is met hom ge­trou het nie.

“Daar is baie din­ge wat ek wil ver­an­der,” het F­red­die ná die diens ge­sê. Hy sê Idali se dood het hom laat her­be­sin oor sy le­we. “Ek is nie die soort ou wat na ’n kerk­kamp toe gaan en oor­nag ver­an­der nie. Dit gaan tyd vat,” het hy ge­sê.

“As dit goed gaan, ver­geet ’n mens mos van die He­re. Maar hier­die tyd het my weer na­der aan Hom ge­bring.”

Coet­zee het uit P­re­di­ker 3 ge­preek. “In plaas van om in lief­de en vre­de te le­we kom­pen­seer ons en soek die He­re in an­der goed,” het hy ge­sê.

Coet­zee het in sy preek ge­sê hy het F­red­die en sy sus­ter, Ma­re­tha Jam­neck, ge­vra wat Idali van­dag vir hul­le sou wou sê. “Sy sou sê: ‘Kry jou gat in rat.’ ”

Fo­to: NA­DI­NE T­HERON

E­rin Con­ra­die om­hels Ma­re­tha Jam­neck, haar vrien­din en Idali van Zyl se skoon­sus­ter, ná Idali se rou­diens op S­truis­baai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.