Joost se fa­mi­lie weet ‘lank­al van sleg­sê­klank­op­na­mes’

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers Si­mon Son­ne­kus en

Joost van der West­hui­zen se fa­mi­lie “voel vir A­mor in wat se­ker­lik ’n baie moei­li­ke tyd vir haar moet wees”.

Dít was gis­ter die kom­men­taar van die Van der West­hui­zen-fa­mi­lie se woord­voer­der, O­det­te S­ch­weg­ler, na­dat ’n klank­op­na­me uit­ge­lek het waar­in A­mor Vit­to­ne haar ver­vreem­de man glo sleg­sê en ver­ne­der ter­wyl hy al erg ver­swak was weens mo­tor­neu­ron­siek­te.

S­ch­weg­ler sê Joost se fa­mi­lie is al lank be­wus van dié en an­der soort­ge­ly­ke klank­op­na­mes wat Joost ge­maak het en dat hul­le dit lank­al kon uit­ge­reik het as hul­le wou.

“Joost se fa­mi­lie het niks te doen ge­had met die maak en/of ver­sprei­ding van die op­na­mes nie. Joost het ver­skeie ge­sprek­ke tus­sen hom en A­mor op­ge­neem waar­in sy hom ver­baal mis­han­del het.”

Vol­gens S­ch­weg­ler is die op­na­me wat nou uit­ge­lek het ja­re ge­le­de ge­maak en weet die Van der West­hui­zen-fa­mi­lie nie in wat­ter ma­te Joost die op­na­mes ver­sprei het nie.

“Joost se fa­mi­lie het al by her­ha­ling ge­sê hul­le gaan nie in ’n me­di­a­sir­kus oor A­mor be­trok­ke raak nie. Hul­le gaan daar­om niks ver­der oor die op­na­mes sê nie.”

Joost se broer, Pie­ter, is glo in die bui­te­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.