Wen­ke wat werk

Beeld - - Tot u Diens -

A­lex­an­der For­bes het die vol­gen­de wen­ke om saam­ge­stel­de ren­te vir jou te laat werk:

Be­gin vroeg. Hoe jon­ger jy is wan­neer jy be­gin spaar, hoe meer tyd is daar vir saam­ge­stel­de ren­te om jou geld te laat groei. As jy nog nie be­gin spaar het nie, is die bes­te ding wat jy kan doen om da­de­lik te be­gin spaar.

Maak ge­reeld be­leg­gings. Dra geld by waar jy reeds ge­spaar het of maak nu­we be­leg­gings. As jy dink jy het nie ge­noeg geld om iets daar­van te kan spaar nie, be­paal waar jy moont­lik op uit­ga­wes kan snoei. I­den­ti­fi­seer wat­ter uit­ga­wes op nood­saak­lik­he­de ge­maak word en waar geld aan luuks­he­de span­deer word. Ska­kel laas­ge­noem­de eer­ste uit.

Wees ge­dul­dig. Saam­ge­stel­de ren­te werk net vir jou as jy die be­leg­ging uit­los en toe­laat om te groei. Aan­vank­lik sal die groei ge­ring lyk, maar die groot op­brengs­te op saam­ge­stel­de ren­te kom eers aan die ein­de van die be­leg­ging.

■ ■ ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.