Il­se weer kam­pi­oen van A­fri­kaan­se blok­raai­sels

Beeld - - Nuus - C­har­les S­mith

Il­se van He­mert is nou die on­be­twis­te A­fri­kaan­se blok­raai­kam­pi­oen van Suid-A­fri­ka.

So sê Al­bé Grob­be­laar, die Bloem­fon­tein­se ver­teen­woor­di­ger van XWord, wat die blok­kies­raai­sels op­stel, na­dat Van He­mert vir die twee­de op­een­vol­gen­de jaar RSG se Blo­kraai­toer­nooi ge­wen het.

Die toernooi is vir die twee­de jaar op die Vry­staat Kuns­te­fees ge­hou. Dit is in sa­me­wer­king met XWord en die de­par­te­ment van A­fri­kaans en Ne­der­lands, Duits en Frans van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat aan­ge­bied.

Van He­mert, ’n ek­sa­men­toe­sig­hou­er by die Mil­park-kol­le­ge in P­re­to­ria, het met 10 300 pun­te in die eind­stryd ko­ning ge­kraai.

Wil­lie P­re­to­ri­us van P­re­to­ria, wat ver­le­de jaar der­de was, was twee­de met 8 800 pun­te en E­fraim van der Walt van Bloem­fon­tein het die der­de plek be­haal.

Van He­mert sê die blok­kies­raai­sel in die eind­ron­de was nog­al moei­lik. Sy kon nie al die ant­woor­de in­vul nie en het som­mer oor die eer­ste vraag ge­strui­kel. Die lei­draad was: Lau­ri­ka bring dit uit Beth­le­hem (ne­ge let­ters).

“Ek kon nie op ‘son­ne­blom­me kom’ nie,” sê sy lag­gend.

Pun­te word vol­gens ’n for­mu­le toe­ge­ken wat spoed en kor­rekt­heid in be­re­ke­ning bring.

Van He­mert sê sy het vroe­ër baie blok­kies­raai­sels in­ge­vul. Sy lees baie, ver­al tyd­skrif­te, en stel baie be­lang in die nuus. Dit hou haar s­kerp.

“Ek lees e­nig­iets, ver­al nuus­tyd­skrif­te. Dit is my be­lang­rik­ste stok­perd­jie. My an­der twee stok­perd­jies is blok­raai­sels en leg­kaar­te. Ek vul al die blok­raai­sels in al die tyd­skrif­te in.”

Van He­mert sê sy is die e­nig­ste lid van hul ge­sin wat in blok­kies­raai­sels be­lang­stel.

Haar oor­le­de ma, No­ra, het die lief­de vir blok­kies­raai­sels by haar ge­kweek.

Sy is oor­spronk­lik van Bloem­fon­tein en ’n oud­leer­ling van die Ho­ër­skool Sen­traal.

Die wen­ners het elk ’n RSGrug­sak met ver­skeie woor­de­boe­ke en an­der pry­se ont­vang.

Fo­to: C­HAR­LES S­MITH

Il­se van He­mert, wen­ner van RSG se blok­raai­kom­pe­ti­sie, en Al­bé Grob­be­laar, or­ga­ni­seer­der van Xword.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.