In­ter­dik oor buf­fels

Die­re mag na ko­pers gaan, be­slis hof

Beeld - - Nuus - C­har­né Kemp

Ja­co Troskie, sa­ke­man en be­stu­ren­de di­rek­teur van B&B Pro­per­ties en die Uny­a­ti-wild­re­ser­vaat in die Noord-Kaap, mag nou sy ver­koop­te buf­fels na die ko­pers neem na­dat hy Vry­dag ’n tus­sen­tyd­se hof­be­vel han­gen­de ’n her­sie­nings­aan­soek ver­kry het.

Hy het som­mi­ge hoog­ge­plaas­te amp­te­na­re in die de­par­te­ment van land­bou vroe­ër van be­drog, trei­te­ring en on­be­kwaam­heid be­skul­dig. Sy be­we­rings is ver­vat in ’n drin­gen­de aan­soek wat in die hoog­ge­regs­hof in Kim­ber­ley aan­ge­hoor is.

Hy het ge­vra dat ’n kwa­ran­tyn­ken­nis­ge­wing van 2014 en een wat in Mei uit­ge­reik is on­gel­dig ver­klaar word. Dit sal hom in staat stel om die­re wat op ’n vei­ling in Mei ver­koop is, te ver­skuif.

Reg­ter S­ha­ron Eras­mus het be­slis dat die de­par­te­ment sy ver­kla­rings mag aan­vul en Troskie daar­op ant­woord voor­dat die her­sie­ning van die kwa­ran­tyn­ken­nis­ge­wings aan­ge­hoor word.

Die vier vee­art­se wat in­ge­vol­ge ’n vo­ri­ge hof­be­vel aan­ge­stel is om te be­paal of daar tu­ber­ku­lo­se op Troskie se pla­se en in sy die­re is, moet brie­we met ’n ver­kla­ring uit­reik dat die die­re ver­skuif mag word.

Die ver­kla­rings moet van­dag teen 12:00 by dr. P­he­me­lo Ke­ga­kil­we, pro­vin­si­a­le hoof­di­rek­teur van land­bou, en by die staats­vee­art­se in­ge­dien word.

Al­le an­der aan­soe­ke om ver­voer­per­mit­te vir ver­koop­te die­re moet mô­re teen die ein­de van die werk­dag ver­werk wees.

Die de­part­ment moet on­voor­waar­de­li­ke ver­voer­per­mit­te vir wild wat Troskie op ’n vei­ling in Mei ver­koop het, uit­reik. Troskie sal toe­ge­laat word om die die­re te ver­skuif.

Die de­par­te­ment moet ook “las­ter­li­ke brie­we” te­rug­trek en ’n ver­sko­ning pu­bli­seer.

Troskie het sy aan­soek te­rug­ge­trek dat ’n pri­vaat vee­arts voort­aan sy kla­ring­ser­ti­fi­ka­te en ver­voer­per­mit­te uit­reik.

Troskie het in sy aan­soek aan­ge­voer dat die de­par­te­ment ’n skik­kings­be­vel in Ju­nie – in­ge­vol­ge waar­van vier vee­art­se weer tu­ber­ku­lo­se­toet­se moes doen – ver­ont­ag­saam het. On­danks die vee­art­se se be­vin­ding dat die plaas en die­re nie tu­ber­ku­lo­se het nie, het die de­par­te­ment die be­vin­ding “in die snip­per­mand­jie” ge­gooi.

Die ver­weer­ders was on­der an­de­re dr. M­cDo­nald Ga­y­a­ka­ya, staats­vee­arts.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.