Be­ter­skap ná brand

Rug­by­span dra tri­omf aan hom op

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

“Boe­ta, Pap­pa bring van­dag vir Mam­ma om by jou te kom kui­er! Su­per­op­ge­won­de Mam­ma! Mam­ma ver­lang jou so!”

So het Le­la­ni Ver­maak haar seun, Wyn­andt (14), laat weet voor­dat sy hom gis­ter­mid­dag vir die eer­ste keer ge­sien het se­dert hy uit sy ko­ma ont­waak het.

Wyn­andt, ’n gr. 8-leer­ling aan die Ho­ër­skool D.F. Ma­lan in Bell­vil­le, is Dins­dag uit ’n ge­ïn­du­seer­de ko­ma ge­bring.

Hy en Le­la­ni het op 6 Ju­lie erns­ti­ge brand­won­de op­ge­doen . toe hul huis in Bos­ton, Bell­vil­le, af­ge­brand het.

Wyn­andt het brand­won­de aan by­na sy he­le lig­gaam op­ge­doen en Le­la­ni se han­de en voe­te is ver­brand.

Wyn­andt is aan­vank­lik in die Ty­ger­berg-hos­pi­taal op­ge­neem en Le­la­ni word in die Lou­is Lei­poldt-hos­pi­taal be­han­del.

Haar man, Mor­né, het vroe­ër ge­sê sy sal min­stens nog twee we­ke in die hos­pi­taal moet deur­bring.

Wyn­andt is Vry­dag van die ho­ë­sorg­een­heid na ’n al­ge­me­ne saal in die Ty­ger­berg-hos­pi­taal oor­ge­plaas.

Le­la­ni sê hy is Sa­ter­dag na die Me­lo­med-hos­pi­taal in Bell­vil­le ge­bring en is baie ge­luk­kig daar.

Hy het ’n sleg­te aand ge­had, “maar ons weet dit sal be­ter gaan met hom”, sê sy.

Sy fa­mi­lie sê hy eet vas­te kos en ge­sels lek­ker.

Vol­gens sy nu­we dok­ter lê ’n lang her­stel­pad nog voor, sê Le­la­ni.

Wyn­andt het vir sy ma ’n kort vi­deo ge­maak.

In die vi­deo lê hy in sy hos­pi­taal­bed. Sy arms en han­de is in ver­ban­de toe­ge­draai. Aan sy nek- en skou­er­ge­deel­te is die be­se­rings wat hy in die brand op­ge­doen het, dui­de­lik te sien.

In die vi­deo sê hy: “Hal­lo Mam­ma, Wyn­andt hier­so. Ek is nou by Me­lo­med, dink ek. My lyf is seer, maar ver­der gaan dit goed. Lief vir jou, sien vir Ma een van die dae.”

In­tus­sen word geld­in­sa­me­lings deur vrien­de en fa­mi­lie­le­de ge­re­ël en selfs sy rug­by­span het twee wed­stry­de ge­wen en die oor­win­nings aan die “Iron Man” op­ge­dra.

G­wen van der Mer­we het Vry­dag op die Fa­ce­book-blad Word gou ge­sond Wyn­andt Ver­maak! ge­skryf leer­lin­ge aan D.F. Ma­lan en die La­er­skool To­ti­us het van Vry­dag­og­gend vroeg o­lie­bol­le ge­bak, ver­sier, ver­pak en gaan af­le­wer. Be­stel­lings is selfs van Wel­ling­ton en Her­ma­nus ge­plaas.

R7 000 is vir die Ver­maaks in­ge­sa­mel.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Wyn­andt Ver­maak in die Ty­ger­berg­hos­pi­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.