Aan­val: Pa­ra­me­di­kus kry ge­skenk

Beeld - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

’n Lid van die pu­bliek het ’n sel­foon ge­skenk aan die leer­ling-pa­ra­me­di­kus wat met ’n mes ge­dreig en be­roof is toe sy Vry­dag­aand in Ma­ra­ba­stad, P­re­to­ria, aan diens was.

Ca­ro­li­ne C­hi­lo­a­ne (34), die leer­ling-pa­ra­me­di­kus, is deur ’n man be­roof wat ge­dreig het om haar vir haar sel­foon te ver­moor.

Xan­der Loub­ser, ’n pa­ra­me­di­kus van die Best C­a­re­am­bu­lans­diens, sê Mo­ni­ka Sny­man het die sel­foon ge­skenk na­dat hy op sy Fa­ce­book-blad na die voor­val ver­wys het.

C­hi­lo­a­ne doen tans 1 000 uur prak­tie­se op­lei­ding as deel van haar pa­ra­me­di­kus­op­lei­ding.

“Ek het voet­stap­pe ag­ter my ge­hoor. Toe ek om­kyk, het ’n man my ge­gryp en ge­skop tot­dat ek op die grond ge­val het,” ver­tel C­hi­lo­a­ne.

“Ek het ge­skree en hy het sy mes teen my nek ge­hou. Hy het my be­veel om stil te bly en my sel­foon en geld vir hom te gee.”

C­hi­lo­a­ne was na­by haar werk­plek toe dit ge­beur het. ’n Paar men­se het haar gil­le ge­hoor en die ro­wer ag­ter­na­ge­sit, maar hy het weg­ge­kom.

“Die be­proe­wing was trau­ma­ties. Ek hou aan oor my skou­er kyk wan­neer ek in die straat stap. Hy wou my vir ’n sel­foon ver­moor.”

Loub­ser sê Best Ca­re gaan nie meer na ge­vaar­li­ke ge­bie­de nie weens toe­ne­men­de aan­val­le op pa­ra­me­di­ci. Hy sê om saam met ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rums (GPF’s) te werk, het hul hul werk­ne­mers se vei­lig­heid ver­be­ter.

Ver­skeie aan­val­le op pa­ra­me­di­ci is al van­jaar aan­ge­meld.

Chris­to­pher Ke­ka­na (32) is in Maart in Ma­bo­pa­ne, noord van P­re­to­ria, in die maag ge­skiet toe hy en sy drie me­de­pa­ra­me­di­ci by ’n vul­sta­sie stil­ge­hou het.

Die aan­val was min­der as ’n uur na­dat sy skof be­gin het toe hul­le op pad te­rug was na die Odi-ge­meen­skaps­hos­pi­taal in Ma­bo­pa­ne.

Pa­ra­me­di­ci in die WesKaap het van­jaar bui­te die land­dros­hof in K­haye­lit­sha be­toog en ge­ëis dat hul­le be­sker­ming kry ter­wyl hul­le aan diens is.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Mo­ni­ka Sny­man, wat die sel­foon ge­skenk het, en Xan­der Loub­ser, pa­ra­me­di­kus van die Best Ca­re­am­bu­lans­diens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.