Gee ste­de ’n kans om self o­pen­ba­re ver­voer reg te ruk

Beeld - - Kommentaar -

Kin­ders leer op skool dit is die re­ge­ring se plig om o­pen­ba­re ver­voer te voor­sien aan die men­se van die land as sy by­drae tot on­der meer e­ko­no­mie­se voor­uit­gang.

Maar die half­har­ti­ge ma­nier waar­op kor­rup­sie, wan­be­ste­ding en swak be­stuur by die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap (Pra­sa) en sy fi­li­a­le ge­pak word, ge­tuig van die teen­deel. Dit wys die re­ge­ring stel nie reg­tig be­lang of ver­staan nie werk­lik wat sy rol is nie.

Die Me­de­din­gings­kom­mis­sie se markon­der­soek na o­pen­ba­re ver­voer moet dus ver­wel­kom word.

Aan ’n wye front word o­pen­ba­re ver­voer in Suid-A­fri­ka tans in ’n gro­ter­wor­den­de kuil van ver­nie­ti­ging in­ge­suig.

Die on­ge­re­gu­leer­de mi­ni­bus­tax­i­be­dryf maak soos hy wil wat ver­keers­re­ëls be­tref. Arm men­se wat nie al­ter­na­tie­we ver­voer het nie, waag hul le­we in mi­ni­bus­taxi’s. Boon­op be­taal wei­nig van dié on­der­ne­mings be­las­ting.

Die laas­te paar jaar het die staat se eens trot­se trein­diens­te baie vin­nig ag­ter­uit­ge­gaan en pen­de­laars waag ook hier hul loop­ba­ne en le­wens weens laat en on­vei­li­ge trei­ne. Maar die skan­de raak selfs gro­ter in die lig van die be­we­rings van ten­der­kor­rup­sie en wan­be­stuur by Pra­sa.

Mu­ni­si­pa­li­tei­te wat fi­nan­si­eel sterk ge­noeg is, be­hoort, soos oor­see, die reg te hê om self in te gryp om die be­stuur van plaas­li­ke o­pen­ba­re ver­voer te ver­be­ter.

Maar he­laas het dié kwes­sie ’n po­li­tie­ke kleur ná ver­le­de jaar se mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing waar die DA be­heer oor­ge­neem en be­hou het in groot me­tro­po­li­taan­se ge­bie­de soos Kaap­stad, Port Elizabeth en Jo­han­nes­burg – ge­bie­de waar o­pen­ba­re ver­voer juis die slag­aar van die e­ko­no­mie vorm.

Die ANC sal nie die ver­ant­woor­de­lik­heid vir o­pen­ba­re ver­voer aan die plaas­li­ke re­ge­rings wil oor­dra nie, want hy is te bang hul­le wys hul­le kan dit be­ter as die na­si­o­na­le re­ge­ring doen.

Dit is eg­ter ’n kort­sig­ti­ge, on­kun­di­ge be­na­de­ring. Die sa­ke­sek­tor, ar­beid­sek­tor en die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing moet saam­span en vol­uit deel­neem aan die Me­de­din­gings­kom­mis­sie se markon­der­soek om te sorg die stem van re­de word ge­hoor.

Suid-A­fri­ka se kol­lek­tie­we lont is tans baie kort. Hoe­veel trein­wa­ens moet nog uit­ge­brand word voor­dat die re­ge­ring wak­ker skrik?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.