My ma­ters se ma­nie­re om hu­we­lik te red

Beeld - - Kommentaar - Blou­wil­le­maan­dag

Die lek­ker ding van ’n kou­e­front met sneeu in die Kaap, ys­g­let­sers in Sut­her­land en bib­ber­weer el­ders is dat dit ons iets an­ders gee om oor te ge­sels as die Kroek­tas, Eks­dom-bo­nus­se en swak rug­by.

Die koue het die af­ge­lo­pe week selfs ge­maak dat ons po­li­ti­ci hul han­de in hul eie sak­ke moes hou.

En ja, ’n Vry­staat Kuns­te­fees son­der koue sal ook nie reg wees nie.

Vir my is dit die lek­ker­ste fees, want jy kui­er so lek­ker en, soos daai ou groot hond in die hon­de­kos­ad­ver­ten­sie al­toos ge­sê het, jy éét so lek­ker.

Al wat jy die af­ge­lo­pe week hier in Bloe­mies no­dig ge­had het, was ’n dik jas, ’n hoed, ’n serp, ’n goeie eet­lus, ’n sjer­rie­tjie en jou eie cher­rie­tjie en sie­daar!

Dis mos die een plek in die land waar men­se me­kaar nog groet en jy selfs men­se wat jy nie ken nie ken.

So ge­praat van jou eie cher­rie­tjie: ’n Ou het een keer ná so ’n plaas­li­ke “a­vê­re”skan­daal in die Ro­se­stad wat in al wat ’n koe­rant was vir my ge­sê: “Kyk, my ou maat, Bloem­fon­tein is net te klein vir ’n af­fair.

“As jy hier by ’n an­der man se vrou slaap, weet die he­le dorp dit.

“Trou­ens, as jy by jou éie vrou slaap, weet hul­le dit ook!”

So, lig loop, jul­le be­re!

Die ou­der­dom bring ge­luk­kig vir ons man­ne so deur die ja­re wys­heid as ons met die vrou­tjies­goed te ma­ke het.

On­ge­luk­kig vir par­ty ou­ens te laat. So weet jy dat as sy daar by Ou­de­kraal se kos­stal­le­tjie met so ’n reu­se­stuk room­koek voor haar sit dit nie ’n goeie tyd is om vir haar die jong­ste sta­tis­tie­ke oor vet­sug uit die dag se koe­rant te lees nie. Nee kyk, om op daai kri­tie­ke oom­blik vir haar te lees dat 44,6% van ons ou land­jie se da­mes ou­bees is, sou baie on­wys ge­wees het en kon selfs tot erns­ti­ge be­se­rings ge­lei het.

Toe hul nou die dag ons ou vol­kie se nuut­ste skei­sta­tis­tie­ke be­kend ge­maak het, het oom John­ny sy kop so ge­skud en ge­my­mer: “Man­ne, hoe­veel hu­we­li­ke dink jul­le kon nie ge­red ge­wees het nie as die man­ne tog wou leer om op ’n se­ke­re tyd net kop te hou en bek te hou?”

V­riend Tol­lie sê sy teg­niek wat hy deur die ja­re ver­vol­maak het, is om wan­neer sy erg met hom raas net sy kop te laat sak, grond toe te kyk en sag­gies mmmmmm te sê.

Dik Daan se ad­vies aan die jong man­ne is om vrou­tjie se tas­se so hoog weg te bê­re dat sy dit nie kan by­kom as sy haar ver­erg nie.

Daan se ou buur­man het een­dag vir hom ge­sê hy en sy vrou wou me­kaar los, maar toe hul­le moes be­sluit hoe hul­le die ba­tes gaan ver­deel, het hul­le be­sef dat hul e­nig­ste ba­te die kin­ders is en nie een van hul­le die wou kin­ders hê nie, toe los hul­le dit maar.

‘‘

Al wat jy die af­ge­lo­pe week vir die fees in Bloe­mies no­dig ge­had het, was ’n dik jas, ’n hoed, ’n serp, ’n goeie eet­lus, ’n sjer­rie­tjie en jou eie cher­rie­tjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.