Waar­om swyg Gup­tas?

Beeld - - Kommentaar - Le­ser, Vry­staat

Dalk tas ek in die don­ker.

Nog­tans lyk dit vir my of ons al­mal net na die op­per­vlak van kor­rup­sie en staat­skaping kyk.

Die breë prent­jie ont­breek steeds. As al die skuld op die Gup­tas ge­pak word en daar sterk ge­noeg be­wy­se is, waar­om swyg hul­le nog en gaan aan as­of niks hul­le raak nie?

Weet hul­le meer as wat hul­le wil voor­gee? Is hul­le reg­tig die son­daars, of is hul geld en kon­trak­te net ge­bruik? Het hul­le ooit self e­ni­ge kon­trak­te soos dié van Pra­sa en die Vre­de-melk­plaas goed­ge­keur of on­der­te­ken?

Is hul­le nie dalk deur van ons eie men­se ge­na­der nie? Waar­om word hul­le nie ge­dag­vaar nie? Wie is bang dat die waar­heid uit­kom en wil dit so lank moont­lik dig hou? Waar­om word hul­le op die han­de ge­dra?

Is dit nie dalk guns­te ter wil­le van hul swye nie? Ek vra maar net. Met al hul geld het hul­le nie ons guns­te no­dig nie, maar het ons nie dalk hul guns­te no­dig ge­had nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.