‘S­kelm­pie’ gaan ou won­de oop­krap

Beeld - - Kommentaar - Ian, Pot­chef­stroom

Suid-A­fri­ka­ners ver­toon in die al­ge­meen ’n on­ge­loof­li­ke ge­brek aan oor­spronk­lik­heid. Wan­neer ons die slag iets aan­pak, is dit dik­wels iets wat reeds in die VSA mis­luk het.

Nou sien ek dat ’n nu­we pro­gram, S­kelm­pie, ge­ad­ver­teer word

Dit is dus die Suid-A­fri­kaan­se weer­ga­we van The Jer­ry S­prin­ger S­how – trai­ler trash, as­of ons nog nie ge­noeg daar­van het nie.

Ri­an, wil jy so bit­ter graag men­se breek wat son­der jou in­men­ging heel kon ge­word het? Ek waar­borg jou dat jy fa­mi­lies gaan op­breek en kin­ders aan e­nor­me hart­seer gaan bloot­stel.

On­ge­twy­feld be­sef jy dit te goed. Is daar geen ma­nier waar­op jy lie­wer van ons land ’n mooi­er plek kan help maak nie? Jou voor­ge­no­me pro­gram gaan won­de oop­krap wat be­sig was om te ge­nees. Hier­die ver­ag­te­li­ke po­ging van jou om vir jou­self on­der val­se voor­wend­sels ’n in­kom­ste te ver­se­ker, walg my.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.