Moes ek dig­ter só teen hom­self be­skerm?

Beeld - - Boeke - Ber­nard O­den­daal

Tom Gouws se “ver­doe­men­de” re­sen­sie (soos C­ri­to dit op LitNet stel) oor Ru­an Fou­rie se de­buut­bun­del ’n Ope brief aan Do­ri­an Gray in die boe­ke­blad van twee we­ke ge­le­de het be­trek­king.

Eint­lik het Gouws, soos C­ri­to met ken­ne­li­ke goed­keu­ring uit­wys, be­trok­ke­nes by “die be­dryf” rond­om die pro­duk­sie van iets soos de­buut­dig­bun­dels “bru­taal eer­lik” die le­vie­te voor­ge­lees.

Ek is naam­lik die pro­fes­sor wat, vol­gens Gouws, Fou­rie teen hom­self as “stu­den­ti­ko­se” woord­kuns­te­naar moes be­skerm het. Ook die uit­ge­wer, sy ma­nu­skrip­keur­der en po­ë­sie­re­dak­teur kry van Gouws ’n veeg mod­der oor hier­die ver­suim aan­ge­smeer. Ek sien maar af van die be­nut­ting van die toi­let­weer­ga­we van die smeer­sel. Gouws het dit, by mon­de van die be­ken­de ge­stor­we li­te­ra­tor A.P. Gro­vé, klaar aan­ge­wend in sy a­nek­do­te.

Moes ek Fou­rie, vra ek my na dié skrob­be­ring af, só teen hom­self “be­skerm” het toe hy as 18-ja­ri­ge eer­ste­jaar­stu­dent die drie­luik “E­kwi­noks” (in die bun­del op­ge­neem) as ge­dig­skryf­op­drag in­ge­han­dig het? ’n Ge­dig­reeks wat, in daar­die sta­di­um reeds, lig­ja­re be­ter was as feit­lik e­nig­iets wat ’n mens in die vorm van stu­den­te­werk ont­vang?

Moes ek hom lie­wer laat briek aan­draai het toe hy as twee­de­jaar­stu­dent ge­skryf en her­skryf het aan se­ke­re an­der ver­se wat in die bun­del ver­skyn – ge­dig­te wat ken­ne­lik daar­na nog­eens deur hom her­sien is?

Of toe hy in sy der­de jaar die eer­ste weer­ga­we van sy bun­del­ma­nu­skrip we­ke laat in­ge­han­dig het, na­dat sy re­ke­naar ge­steel is en hy die ma­nu­skrip uit sy ge­heue moes oor­skryf (’n voor­val wat Gouws op ver­dag­ma­ken­de wy­se in sy re­sen­sie te ber­de bring) – moes ek toe maar ’n pot strooi oor hom uit­ge­giet het om hom aan­gaan­de sy woord­kuns­dro­me­ry tot sy sin­ne te bring?

Of lie­wer – soos ek toe maar ge­maak het – twee, drie keer te­rug­voe­ring gee oor aan­ge­leent­he­de in sy dig­werk waar­oor ek nie hier al­les kan uit­wei nie? My die soort tyd en ge­duld ge­troos waar­toe Gouws, na eie ge­tui­e­nis, nie ge­neë voel aan­gaan­de Fou­rie se werk nie? So­dat ek met ver­bly­ding kon dop­hou hoe skerp­sin­nig en ge­voe­lig die ver­ba­send be­le­se jong man op be­vraag­te­ke­nings en sug­ges­ties re­a­geer?

Of moes ek dalk, as ie­mand wat vol­gens Gouws tog be­ter be­hoort te weet, be­swaar by Pro­tea Boek­huis gaan aan­te­ken het toe ek ver­le­de jaar uit die blou­te by Fou­rie ver­neem sy (nog­eens her­werk­te) bun­del is deur dié uit­ge­wer aan­vaar vir pu­bli­ka­sie?

Nee wat. Ek het lie­wer in die jong man se vreug­de ge­deel. Hy is ta­lent­vol en erns­tig oor sy dig­werk. Hy het hom in­ge­span om die bun­del aan­vaar­baar vir ’n uit­ge­wer te kry.

Nou is ek bo­wen­dien dank­baar dat ek in Fou­rie se der­de stu­die­jaar deeg­li­ke be­spre­king aan­ge­moe­dig het oor die aard en funk­sie van re­sen­se­ring. Dat ons vor­me en voor­beel­de van wan­kri­tiek on­der die loep ge­neem het.

Selfs ’n bie­tjie dank­baar dat daar nou ’n nu­we stu­die­ge­val van laas­ge­noem­de soort tot ons be­skik­king is.

Ber­nard O­den­daal do­seer kre­a­tie­we skryf­kuns aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit in Pot­chef­stroom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.