Ode aan ra­di­o­ver­volg­ver­ha­le

Beeld - - Boeke -

S­tra­ler­jak­kers Fik­sie Le­on van Nier­op TAFELBERG, R250

Die snel­ler vir hier­die boek wat ge­grond is op die ge­wil­de ra­di­o­ver­haal is juis die groot aan­hang wat dit tus­sen 1996 en 2001 op ra­dio ge­niet het en tal­le ver­soe­ke van luis­te­raars om dit in boek­vorm te kan vas­hou en weer die sto­rie al le­sen­de te ge­niet.

Le­on van Nier­op se uit­da­ging was om 17 000 blad­sye se sto­rie en 1 368 e­pi­so­des tot bin­ne ’n en­ke­le band te dis­til­leer.

Weg van die kla­ter­goud wat baie men­se met moei­te na­jaag en ag­ter hoë mu­re koes­ter, is daar ’n lo­sies­huis aan die ver­keer­de kant van die trein­spoor in Jo­han­nes­burg waar ge­wo­ne men­se el­ke dag met reg­te pro­ble­me wor­stel.

Gi­r­ly Lub­be met haar ar­se­naal sê­goed en ’n hart van goud het dit nie mak­lik om kop bo wa­ter te hou nie. Haar lo­seer­ders ook nie. Ná twee jaar – on­skul­dig – in die tronk, is dit juis Gi­r­ly se lo­sies­huis wat vir die ryk­man­seun Ti­aan Rey­ne­ke na die i­de­a­le plek lyk waar hy met sy op­ge­krop­te woe­de en ver­wy­te vir eers ’n hol­te vir sy voet kan vind. Aan­gaan met die le­we ge­beur eg­ter nie so mak­lik nie.

Mar­cel Rey­ne­ke is glad nie in­ge­no­me met haar seun se nuut­ge­ko­se bly­plek nie. Aan Ti­aan en sy broer E­tien­ne se ver­hou­ding is daar nie salf te smeer nie. Die in­si­dent wat Ti­aan on­skul­dig in die tronk laat be­land het, werp nog ’n kil en drei­gen­de ska­du oor die he­de. En wat twee jaar ag­ter die tra­lies aan die lief­de doen, is ook iets wat Ti­aan en die re­dak­tri­se van S­wier! ,Yo­lan­de de Wet, met hul­self en me­kaar moet uit­werk.

Dit is nie ’n ver­ras­sing dat Van Nier­op se sto­rie ’n me­lo­dra­ma­tie­se in­slag het nie; ra­di­o­ver­volg­ver­ha­le leen hul­self im­mers daar­toe.

Gi­r­ly Lub­be se lo­sies­huis word ’n ka­ta­li­sa­tor van mens­li­ke in­tri­ges, harts­tog­te, te­leur­stel­lings en hoop. Dis ’n plek waar die ver­skil tus­sen voor­gee wat jy nie is nie en die wa­re self dui­de­lik is. Die skry­wer ver­dien lof vir die ma­nier waar­op hy die tyd­gleuf teen­woor­dig hou met U­ber-taxi’s, mis­daad en Fa­ce­book.

’n Mens ver­ge­we die skry­wer vir die ka­ri­ka­tuur­ge­dre­we ka­rak­ters en die ste­re­o­ti­pe­ring van men­se en hul si­tu­a­sies. Al­les word deur­gaans mooi toe­ge­lig en ver­dui­de­lik om geen mis­ver­stand by die le­ser te skep nie. Geen spra­ke van diep sim­bo­lie­se of let­ter­kun­di­ge mo­tie­we hier nie. En die skry­wer han­teer sy ka­rak­ters met deer­nis. As ro­man gee S­tra­ler­jak­kers nie voor om iets te wees wat dit nie is nie.

Op ’n ma­nier is die boek ’n ode aan ra­di­o­ver­volg­ver­ha­le wat nie net ver­veel­de oom­blik­ke vir luis­te­raars om­to­wer nie, maar diep in hul har­te in­kruip om­dat dit gaan oor die dra­ma van die le­we waar­in ons al­mal ka­rak­ters is.

Fran­cois Bek­ker is ’n vry­skut­re­sen­sent van P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.