K­ri­mi een­vou­dig uit­staan­de

Beeld - - Boeke -

Mis­daad­fik­sie Hei­li­ger Di­bi B­rey­ten­bach LAPA, R230

Di­bi B­rey­ten­bach is ’n regs­ge­leer­de wat prak­ti­seer in die dor­pie Vry­heid in K­waZu­luNa­tal. Haar eer­ste­hand­se er­va­ring van die ma­sji­ne­rie van die staat en daag­lik­se om­gaan met die ef­fek van ge­welds­mis­da­de op slag­of­fers, maak haar die i­de­a­le kan­di­daat vir die skryf van mis­daad­fik­sie.

B­rey­ten­bach se vo­ri­ge twee ro­mans, Sa­li­ger en V­re­di­ger, het groot in­druk op hier­die le­ser ge­maak. Die skry­wer on­der­skei haar van me­ni­ge an­der wat plaas­lik in die gen­re van die span­nings­ro­man skryf deur die sterk fi­lo­so­fie­se on­der­bou van haar ro­mans.

Waar V­re­di­ger ge­fo­kus het op kwes­sies van grond­be­sit en ras­se­ver­hou­dings en ma­cho man­lik­heid on­der die loep ge­neem het, bied Hei­li­ger die te­rug­keer van Hen­drik en A­ma­lia uit Sa­li­ger. Hier­die paar­tjie moet nog met ver­skeie kro­ko­dil­le on­der die op­per­vlak van hul in­ten­se ver­hou­ding af­re­ken.

Hen­drik is bit­ter lief vir A­ma­lia, maar as pri­va­te se­ku­ri­teits­kon­trak­teur staan hy in ve­le op­sig­te bui­te die ge­reg. A­ma­lia daar­teen­oor is on­ver­skrok­ke in haar stryd as staats­aan­kla­er teen dié wat die le­wens van an­der as min­der­waar­dig ag.

B­rey­ten­bach se so­si­aal be­trok­ke skry­we bied ’n al­ter­na­tief tot stads­ge­bon­de mis­daad­fik­sie. Sy hou die le­ser vas­ge­na­el met die sen­tra­le kon­flik en on­der­soek: ’n Jong swart seun, een van Hen­drik se bu­re, word dood aan­ge­tref kort na­dat Hen­drik ’n paar sko­te af­ge­vuur het om ’n rond­lo­per­hond in die buurt van kant te maak. Hen­drik word spoe­dig in heg­te­nis ge­neem.

Soos de­tail stuks­ge­wys in­ge­sa­mel word, bied Hei­li­ger ’n fas­si­ne­ren­de blik op die voor­oor­de­le wat dik­wels aan die lig kom met om­stre­de moord­sa­ke. Ver­al in­druk­wek­kend is hoe die ro­man toe­lig hoe die eu­wel van mis­daad oor ver­skeie gren­se strek en slag­of­fers en mis­da­di­gers uit to­taal ver­skil­len­de oor­de in­tiem by­een­bring.

Die Dood is im­mers die groot ge­lyk­ma­ker. Hei­li­ger fo­kus ook op die po­gings van die feil­ba­re in­di­vi­du om deur ge­loof, by­ge­lo­we en tra­di­si­o­ne­le of in­heem­se me­di­sy­ne en toor­dok­ters uit die dood se kloue te ont­snap.

Die mens­lik­heid en be­weeg­re­des van die An­der word so in­ge­kleur dat ’n ti­pe on­ver­wag­se skoon­heid en li­rie­se di­men­sie na vo­re kom. So is die paar dae rond­om die Kers­fees waar­in die ge­ge­wens af­speel, en die sin van toe­ge­neent­heid, fa­mi­lie en dank­baar­heid wat ge­woon­lik hier­mee ge­paard­gaan, op sy kop ge­keer met die be­proe­wing wat ver­skeie ka­rak­ters er­vaar.

Hei­li­ger kan met Ru­die van Rens­burg se Ka­mi­ka­ze en Ma­de­lein Rust se Moord­huis ver­ge­lyk word as die hoog­te­punt van die skry­wer se oeu­vre tot dus­ver. Een­vou­dig uit­staan­de.

Jo­na­than Amid is ’n vry­skut­taal­prak­ti­syn en dok­to­ra­le stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.