Ruim­te­i­tems haal as­tro­no­mie­se pry­se op vei­ling

Beeld - - Boeke - Fo­to’s: SOT­HE­BY’S

Op 20 Ju­lie, die 48ste her­den­king van die A­pol­lo 11-maan­lan­ding, het die sak waar­in die ruim­te­vaar­der Neil Arm­stong ma­te­ri­aal van die maan af te­rug­ge­bring het aar­de toe ’n as­tro­no­mie­se $1 812 500 op ’n vei­ling van Sot­he­by’s in New York ge­haal.

Dié sak is deur ’n A­me­ri­ka­ner ge­koop na­dat ’n week lan­ge uit­stal­ling van ar­ti­kels uit die ruim­te die ver­beel­ding van der­dui­sen­de be­soe­kers aan­ge­gryp het.

’n Ar­ti­kel wat groot be­lang­stel­ling op die vei­ling ge­lok het en deur ne­ge y­we­ri­ge bie­ërs ge­jaag is, is die vlug­plan van die A­pol­lo 13-ruim­te­vaart met hand­ge­skre­we aan­te­ke­nin­ge deur al drie die be­man­nings­le­de. ’n Pri­va­te ver­sa­me­laar het $275 000 daar­voor op­ge­dok, heel­wat meer as die voor­vei­lings­be­ra­ming van $30 000 tot $40 000.

’n Ter­mie­se ruim­te­pak wat vir die ruim­te­vaar­der Gus G­ris­som vir ’n Pro­ject Ge­mi­ni­ruim­te­vaart in 1965 ver­vaar­dig is, het $43 750 ge­haal.

An­der ar­ti­kels wat on­der die ha­mer ge­kom het, sluit in vroeë ruim­te­vaart­fo­to’s en ook i­tems van voor­ma­li­ge Sow­jet­ruim­te-eks­pe­di­sies. ’n Lê­er waar­in die Rus Joe­ri Ga­ga­rin, die eer­ste mens in die ruim­te, in­lig­ting aan­ge­te­ken het, is vir $47 500 op­ge­veil.

“Ons is in die wol­ke daar­oor dat Sot­he­by’s se eer­ste vei­ling met ’n ruim­te­te­ma in 20 jaar so goed deur die mark ont­vang is,” sê Cassandra Hutton, adjunkpresident van Sot­he­by’s se boek- en ma­nu­skrip-af­de­ling in New York.

Meer as 500 bie­ërs uit tal­le lan­de het aan die vei­ling deel­ge­neem en to­ta­le ver­ko­pe van $3,8 mil­joen is be­haal.

‘‘ Ons is in die wol­ke daar­oor dat Sot­he­by’s se eer­ste vei­ling met ’n ruim­te­te­ma in 20 jaar so goed deur die mark ont­vang is.

— CASSANDRA HUTTON, ADJUNKPRESIDENT VAN SOT­HE­BY’S SE BOEK­ EN MA­NU­SKRIP­AF­DE­LING IN NEW YORK

Die ter­mie­se ruim­te­pak wat vir die ruim­te­vaar­der Gus G­ris­som vir ’n Pro­ject Ge­mi­ni­ruim­te­vaart in 1965 ver­vaar­dig is, is vir $43 750 op ’n vei­ling in New York ver­koop.

Die vlug­plan van die A­pol­lo 13­ruim­te­vaart met hand­ge­skre­we aan­te­ke­nin­ge deur al drie die be­man­nings­le­de is vir $275 000 op­ge­veil.

Dié sak wat op die maan was, is vir

$1 812 500 op ’n vei­ling ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.