Gi­ga­ba se ‘plan’ bring ons ab­so­luut nê­rens

Beeld - - Sakenuus - E­ko­noom Jo­han Wil­lem­se

Die ANC-re­ge­ring het in die af­ge­lo­pe 20 jaar ge­noeg plan­ne ge­maak om die land se uit­da­gings die hoof te bied, maar die knoop lê by die in­wer­king­stel­ling daar­van waar niks ge­beur wat die en­tre­pre­neur moed gee dat sy sa­ke­om­ge­wing gaan ver­be­ter nie.

Die jong­ste 14-punt-plan van die mi­nis­ter van fi­nan­sies om die e­ko­no­mie uit ’n re­ses­sie te kry, is net dit: Nóg ’n plan. En eint­lik be­hels die plan die werk wat die staat in elk ge­val moet doen. Dit be­vat ab­so­luut niks wat en­tre­pre­neurs aan­moe­dig om geld te gaan kry en werk­skep­pen­de on­der­ne­mings te be­gin of uit te brei nie.

Voor­beel­de van die 14-punt­plan is dat staats­on­der­ne­mings nog geld moet kry (maar daar is geen plan­ne om hul be­stuur te ver­vang nie); dat die re­ge­ring sy geld­sa­ke in or­de moet kry (dit is sy werk); ’n raam­werk om die pri­va­te sek­tor te be­trek (dit spreek tog van­self); en dat die be­leid-ge­mors in die myn­bou­sek­tor uit­ge­sor­teer word (dit verg nie veel in­sig nie).

Dit is ’n ver­beel­ding­lo­se ly­sie van werk wat in elk ge­val ge­doen moet word. Die i­dee dat dit die e­ko­no­mie uit ’n re­ses­sie gaan haal, spreek dood­ge­woon van ui­ters swak in­sig!

Dus ver­wag meer van die­self­de be­lof­tes en nog meer drei­ge­men­te van ont­ei­e­ning en be­per­kings op die groot­te van on­der­ne­mings (dit is die doel van grond­pla­fon­ne vir boer­de­rye).

Dat die­ge­ne wat staats­geld (my en jou be­las­ting­geld) steel nie aan die pen ry nie, ver­oor­saak dat ons al­mal plan­ne maak om min­der be­las­ting te be­taal.

Die feit is, die mi­nis­ter en sy maats snap nog nie dat die rol van die staat is om ’n sta­bie­le en sti­mu­le­ren­de be­leids­om­ge­wing te skep wat on­der­ne­mings aan­moe­dig. Dan sal die mark en wins­mo­tief in die pri­va­te sek­tor werk skep en e­ko­no­mie­se groei sti­mu­leer.

Be­las­ting­in­kom­ste sal van­self toe­neem son­der om ho­ër be­las­tings in te stel in ’n steeds kwy­nen­de e­ko­no­mie. Hoe op dees aar­de gaan die mil­joe­ne men­se en groei­en­de ge­tal werk­lo­se jong men­se e­nig­sins ’n kans kry om sin­vol­le en mens­waar­di­ge werk te kry?

Wat sal my as on­der­ne­mer op­ge­won­de maak en ’n vonk in die e­ko­no­mie skep? Die vol­gen­de ly­sie is al­les­be­hal­we om­vat­tend en het nie ’n week se in­da­ba no­dig om dit uit te dink nie. Die mees­te is voor die hand lig­gend:

Kry staats­on­der­ne­mings om bin­ne hul ge­lyk­breek­be­gro­tings sa­ke te doen – dan hoef die staat nie nog geld te leen om hul boe­ke te laat klop nie!

De­par­te­men­te moet hul werk doen en die leeg­lê­ers en staat­ska­pers moet ver­vang word met jong men­se en kun­di­ges.

Ver­min­der die be­las­ting­las en gee ek­stra toe­ge­wings aan men­se wat by­ko­men­de werk skep. Waar­om kan by­ko­men­de wer­kers se sa­la­ris nie twee keer van be­las­ting af­ge­trek word nie? ■ Ver­min­der in el­ke sek­tor die bu­ro­kra­sie om sa­ke te doen. Kort­om, krimp die staat se rol in die e­ko­no­mie. Die mee­gaan­de gra­fiek toon hoe sty­gen­de staats­be­ste­ding die e­ko­no­mie dood­wurg.

Baie lan­de het ’n een­stop­re­gis­tra­sie­kan­toor waar jy bin­ne dae al die no­di­ge pa­pier­werk kan af­han­del om ’n on­der­ne­ming te be­gin. In Suid-A­fri­ka vat dit jou maan­de om die no­di­ge goed­keu­rings, per­mit­te en re­gis­tra­sies te kry vir ’n nu­we on­der­ne­ming of om ’n nu­we pro­duk te be­mark.

On­der­neem dat die re­ge­ring nie sy men­se sal af­dreig met die ont­ei­e­ning van grond nie en gee on­om­won­de die ver­se­ke­ring dat ei­en­doms­reg on­on­der­han­del­baar is. Ei­en­doms­reg is die hoek­steen van ka­pi­ta­lis­me en die ba­sis waar­op ons bank­stel­sel staan en waar­vol­gens fi­nan­sie­ring ge­gee word. Be­gin met ’n spoed­pro­gram om ei­e­naar­skap te gee aan al die in­wo­ners in towns­hips en kom­mu­na­le grond­ge­bie­de. Dit sal on­ge­ken­de wel­vaart ont­sluit op ’n baie breë grond­slag.

Daar is meer as ge­noeg werk­ba­re prak­tie­se plan­ne om grond­her­vor­ming suk­ses­vol in die land­bou­ge­meen­skap te doen – hou op met die geld­mor­se­ry wat tans ’n 90%-koers van mis­luk­king gee. Nou be­plan die staat om el­ke ou twee koeie en 1 ha te gee van ont­ei­en­de grond!

Er­ken dat ons hui­di­ge mu­ni­si­pa­le stel­sel meest­al nie werk nie en dat dit die ver­val van die e­ko­no­mie op die plat­te­land aan­vuur. Waar­om kan niks­werd- en ban­krot­mu­ni­si­pa­li­tei­te nie her­struk­tu­reer word so­dat die mu­ni­si­pa­le diens­te deur die pri­va­te sek­tor ver­skaf kan word nie?

Kort­om, be­leidstap­pe wat er­ken­ning aan die pri­va­te sek­tor se rol gee en sy ver­moë om wel­vaart te skep, ge­grond op die mark en die be­gin­sel van ei­en­doms­reg, met stap­pe om staats­in­men­ging af te skaal en by­ko­men­de aan­spo­rings om werk te skep in die pri­va­te sek­tor – dis dalk net die vonk wat no­dig is om e­ko­no­mie­se groei aan die gang te kry! Dit is ook wê­reld­wyd ’n be­proef­de be­leid.

■ Prof. Jo­han Wil­lem­se, land­bou­e­ko­noom aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat, is ’n vo­ri­ge wen­ner van Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar­kom­pe­ti­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.