Let op na Wool­ies se tegniese sei­ne

Beeld - - Sakenuus - Frans de K­lerk

Dit is haas on­moont­lik om jou in te dink dat Wool­wort­hs van R105 na vlak­ke rond­om R60 kon daal. Die maat­skap­py was ’n ab­so­lu­te guns­te­ling en niks kon skeef­loop nie.

Daar is ge­meen dat sy ko­pers, wat uit die ho­ër­in­kom­ste­groe­pe kom, nie on­der druk sou kom nie.

Hul­le sou net bly koop en toe Wool­ies sy vler­ke na die bui­te­land sprei, was al­mal on­der die in­druk dat die wê­reld Wool­ies se sa­ke­mo­del met ope arms sou aan­gryp. On­ge­luk­kig het die re­a­li­teit nou ook vir Wool­ies ge­leer die e­ko­no­mie raak al­mal as dit krimp.

Maar ons weet wel dat die maat­skap­py ’n bril­jan­te be­stuur het wat tans hard aan die woel is om die si­tu­a­sie te ver­be­ter.

Die sto­gas­tie­se in­di­ka­tor, wat ’n teg­nies oor­ge­koop­te of oor­ver­koop­te si­tu­a­sie aan­dui, wys dat die aan­deel­prys net te ver ge­daal het (dus oor­ver­koop is). ’n Le­sing van na­by 10 be­ves­tig dat be­leg­gers to­taal moed ver­loor het, maar dik­wels wag uit­ge­sla­pe lang­ter­myn­be­leg­gers en/of spe­ku­lan­te om te koop wan­neer die in­di­ka­tor so laag soos nou is. Hul­le doen dus slegs aan­ko­pe wan­neer die week­lik­se sto­gas­tie­se in­di­ka­tor op ek­stre­me oor­ver­koop­te vlak­ke is voor­dat hul­le na­der staan.

Die vo­ri­ge keer toe die in­di­ka­tor so laag was, (in Ok­to­ber 2016) het die aan­deel ’n tegniese koop­ge­leent­heid ge­bied, maar toe te­leur­ge­stel. Daar­om is dit nou be­lang­rik om te kyk waar be­leg­gers kan fou­teer as die sto­gas­tie­se in­di­ka­tor hul­le dalk weer ver­keer­de­lik in­suig om te koop.

Die da­len­de wig (moont­lik po­si­tief) vang die oog. Bo lyn A (R63,89) kan die da­len­de wig na bo breek en ’n moont­li­ke her­stel­lo­pie in­lui, wat dalk die aan­deel na R77 kan neem in­dien die for­ma­sie sy tei­ken na bo be­reik. On­der lyn B (R58,90), ’n ou en be­lang­ri­ke steun­lyn, kan be­leg­gers aan­neem dat die sty­gen­de wig en die sto­gas­tie­se in­di­ka­tor be­leg­gers dalk eers vir lan­ger aan ’n lyn­tjie gaan hou. On­der lyn B kan tegniese be­leg­gers ook aan­neem dat in­ge­lig­te be­leg­gers nog nie ge­luk­kig is met die stand van sa­ke by Wool­ies nie. Lyn B raak dus die sleu­tel vir al­mal wat na Wool­ies se gra­fiek kyk vir ’n tegniese ge­leent­heid.

Die week­lik­se tegniese gra­fiek het be­trek­king.

■ Spe­ku­lan­te: Koop bo lyn A, maar ge­bruik lyn B as keer­ver­lies om ka­pi­taal te be­skerm. ■ Me­di­um­ en lang­ter­myn­be

leg­gers: Doen die­self­de as spe­ku­lan­te in­dien die moont­li­ke di­vi­dend­op­brengs van by­na 4% vir jou aan­trek­lik is. Die prys­ver­dien­ste­ver­hou­ding van 13 is ook min­der as die mark­ge­mid­del­de van 19.

■ No­ta: Die klein­han­de­lin­deks van die JSE is al ’n ge­rui­me tyd on­der druk, maar die groot vraag is – kan Jan Pu­bliek se span­de­ring kop op­tel, en kan bui­te­land­se klein­han­de­laars wat die plaas­li­ke mark stel­sel­ma­tig be­tree, steeds druk op plaas­li­ke han­de­laars plaas?

■ Frans de K­lerk is ’n on­af­hank­li­ke tegniese ont­le­der: fdk@tel­kom­sa.net, www.frans­de­klerk.com, T­wit­ter­naam: Tra­derFrans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.