20 mil­joen Suid­A­fri­ka­ners maak in 2016 van die in­ter­net ge­bruik

Beeld - - Sakenuus -

Die ge­tal Suid­A­fri­ka­ners wat die in­ter­net ge­bruik, het ver­le­de jaar vir die eer­ste keer die 20 mil­joen­kerf ver­by­ge­steek en gaan na ver­wag­ting van­jaar groei tot meer as 22,5 mil­joen.

Dit is lui­dens die ver­slag “In­ter­net Access in South A­fri­ca”, wat die af­ge­lo­pe week deur Wor­ld Wi­de Worx uit­ge­reik is.

Vol­gens Sta­tis­tie­ke Suid­A­fri­ka staan die Suid­A­fri­kaan­se be­vol­king op so­wat 56 mil­joen men­se, wat be­te­ken dat die land se in­ter­net­pe­ne­tra­sie van­jaar 40% gaan be­reik.

“Om uit­ein­de­lik by die punt te kom waar ons kan sê dat el­ke twee­de vol­was­se Suid­A­fri­ka­ner aan die in­ter­net ver­bind is, is ’n groot myl­paal, want in­ter­net­toe­gang raak si­no­niem met e­ko­no­mie­se toe­gang,” sê Res­haad Sha, hoof van stra­te­gie van Dark Fi­b­re A­fri­ca, wat die na­vor­sing ge­doen het.

Waar­voor word die in­ter­net ge­bruik?

Lui­dens die ver­slag ge­bruik vol­was­se Suid­A­fri­ka­ners die in­ter­net meest­al vir kom­mu­ni­ka­sie.

Am­per ’n der­de (31%) van die re­spon­den­te ge­bruik die in­ter­net vir kom­mu­ni­ka­sie, ge­volg deur so­si­a­le net­wer­ke (25%) en vir in­lig­ting (23,7%).

Slegs 22,1% van die re­spon­den­te het aan­ge­dui dat hul­le die in­ter­net vir ver­maak ge­bruik.

Die ver­slag sluit da­ta in van die Tar­get Group In­dex­pei­ling, wat deur Ask A­fri­ca ge­doen word.

Hoe­wel die mees­te men­se aan­ge­dui het dat die be­lang­rik­ste ge­bruik vir die in­ter­net kom­mu­ni­ka­sie is, het slegs 16,1% aan­ge­dui dat hul­le e­pos daar­voor ge­bruik.

Dit dui daar­op dat e­pos toe­ne­mend min­der be­lang­rik word na­ma­te men­se eer­der so­si­a­le me­dia en apps ge­bruik vir kom­mu­ni­ka­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.