Taks­net span ál sty­wer om oor­drag van wel­vaart

Beeld - - Sakenuus - Fran­cois Wil­li­ams

So vin­nig as wat die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) en die na­si­o­na­le te­sou­rie skui­wer­ga­te vir be­las­ting­ont­dui­king en -ver­my­ding pro­beer toe­stop, so vin­nig duik nu­we pro­duk­te op wat ge­mik is op Suid-A­fri­ka­ners wat hul geld land­uit wil neem.

In die nuut­ste kon­sep­wy­si­gings­wets­ont­werp op be­las­ting­wet­te, wat die na­si­o­na­le te­sou­rie pas vir kom­men­taar uit­ge­reik het, is daar ver­de­re ver­an­de­rings om te keer dat die ry­kes hul wel­vaart be­las­ting­vry na trusts oor­dra deur ren­te­vrye of la­e­ren­te-le­nings te ge­bruik.

Ter­ti­us Troost, ’n be­las­ting­kon­sul­tant van Ma­zars, sê dit lyk as­of die te­sou­rie vas­be­slo­te is om wel­vaar­t­oor­drag na vol­gen­de ge­slag­te son­der die be­ta­ling van ’n vorm van wel­vaart­be­las­ting te be­perk.

Die voor­stel­le is wy­si­gings aan trus­t­wet­ge­wing, soos ver­vat in art. 7C van die In­kom­ste­be­las­ting­wet. Die doel is vol­gens Troost om die aan­tal in­no­ve­ren­de ma­nie­re wat be­las­ting­be­ta­lers ge­vind het om ek­stra sken­kings­be­las­ting in­ge­vol­ge art. 7C te ver­my, stop te sit.

Ook in die voor­stel­le ver­vat is die te­sou­rie se po­ging om te keer dat Suid-A­fri­ka­ners wat oor­see werk, daar­mee weg­kom om geen be­las­ting op hul oor­se­se in­kom­ste

te be­taal nie. Maar KPMG-be­las­ting­ken­ners meen die voor­stel­le het die po­ten­si­aal om in se­ke­re ge­val­le tot 90% van ie­mand se be­las­ba­re in­kom­ste te­rug te hou. Men­se sal wel die be­las­ting wat hul­le

reeds in die bui­te­land be­taal het, kan te­rug­eis, maar die ken­ners sê dit kan kon­tant­vloei­pro­ble­me skep as ’n Suid-A­fri­ka­ner maan­de­liks be­las­ting moet be­taal in ’n bui­te­land­se be­las­ting­ju­ris­dik­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.