Waar is die ver­de­di­ging dan?

Leeus wen by Saints

Beeld - - Sport - Ti­nus van Staden

Die eer­tyd­se S­pring­bok-af­rig­ter Ja­ke W­hi­te het voor die Wê­reld­be­ker-toernooi in 2007 ver­kon­dig dat ver­de­di­ging, en nie aan­val­len­de spel nie, Wê­reld­be­kers wen.

En toe wen die S­pring­bok­ke in 2007 die Wê­reld­be­ker-toernooi.

Toets­rug­by is ui­ter­aard nie sko­le­rug­by nie, maar die ver­de­di­ging op van­jaar se Cra­ven­week-toernooi was on­ver­skoon­baar swak – ver­al in ver­ge­ly­king met 2007 se Cra­ven­week­toer­nooi.

Die Goue Leeus het die nie­amp­te­li­ke eind­stryd van dié toernooi Sa­ter­dag by St S­ti­thi­ans Col­le­ge in Jo­han­nes­burg met 45-18 teen die Haaie ge­wen.

Rug­by het we­lis­waar die laas­te tien jaar se­dert die Bok­ke die Wê­reld­be­ker-toernooi – in 2007 – ge­wen het, baie ver­an­der.

Die in­ter­na­si­o­na­le ten­dens is om die bal die praat­werk te laat doen. ’n Mens moet se­ker ook baie se­lek­tief met jou kri­tiek op sko­le­spe­lers wees, want hul­le leer nog hul ne­ring en ’n mens wil tog aan­val­len­de rug­by aan­moe­dig.

Maar van die sta­tis­tie­ke ná die 30 wed­stry­de wat op die week ge­speel is, is kom­mer­wek­kend.

In 22 van dié wed­stry­de het een of al­bei span­ne meer as 40 pun­te aan­ge­te­ken.

Op die Cra­ven­week-toernooi in 2007 is daar 27 wed­stry­de ge­speel en slegs in vier van dié stry­de het een of al­bei span­ne meer as 40 pun­te aan­ge­te­ken.

Van­jaar is daar slegs in vier wed­stry­de min­der as 30 pun­te deur een van die span­ne aan­ge­te­ken. Van­jaar was daar boon­op 13 wed­stry­de waar­in een of al­bei span­ne die 50-punt­kerf oor­tref het. Dit is by­na 50% van die wed­stry­de.

Al­te­saam 323 drieë is op die week ge­druk – ’n ge­mid­deld van by­kans 11 drieë per wed­stryd. In 2007 was die ge­mid­del­de drieë per wed­stryd slegs ’n rap­sie meer as vyf.

Sta­tis­tie­ke ver­tel nie al­tyd die vol­le ver­haal nie. Dit was ver­bly­dend om spe­lers te sien skar­rel om te gaan keer wan­neer hul ver­de­di­gings­lyn oop­ge­kloof word, maar die ver­de­di­gings­li­nie moet vir lan­ger as drie fa­ses kraak­loos kan staan.

Die Cra­ven­week-toernooi is tog die teel­aar­de vir toe­koms­ti­ge S­pring­bok­ke. Ver­skeie van die spe­lers wat in ak­sie was, het reeds be­roeps­kon­trak­te met u­nies ter waar­de van hon­derd­dui­sen­de ran­de on­der­te­ken.

Voor­ne­men­de S­pring­bok­ke moet een­vou­dig be­ter ver­de­dig.

As ’n hon­ger vir aan­skou­li­ke rug­by dan as ’n ver­sko­ning vir die ge­brek­ki­ge ver­de­di­ging voor­ge­hou word, moet die spe­lers se ba­sie­se vaar­dig­he­de ook op­ge­skerp word.

Dit is ui­ters be­moe­di­gend om jong spe­lers s­kerp ly­ne te sien hard­loop, maar te veel bal­le het steeds op die gras be­land.

Sko­le­spe­lers raak ster­ker van­weë gim­na­si­um­werk, hul­le word vin­ni­ger dank­sy spoed­werk saam met bi­o­ki­ne­ti­ci, maar die ba­sie­se as­pek­te van die spel moet nooit ver­waar­loos word nie.

Daar was nie­te­min ver­skeie spe­lers wat ge­wys het waar­toe hul­le in staat is.

Die laas­te twee wed­stry­de van die toernooi, tus­sen die Vry­staat en die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie, en die hoof­wed­stryd het met tye uit­ste­ken­de rug­by op­ge­le­wer.

Die Vry­staat se sen­ters, Ri­kus P­re­to­ri­us en Henk Cil­liers, sy heel­ag­ter, Da­vid K­riel, en die agt­ste­man, Ar­no Nieu­woudt, het al­mal uit­ge­blink.

Die WP se vleu­els, T­haak­ir A­bra­hams en An­ge­lo Da­vids, en los­ska­kel, Qu­an Ey­mann, het die kol­lig op hul­le ge­fo­kus.

In die hoof­wed­stryd het die Goue Leeus se plaas­ver­van­ger­vas­kop­stut, A­se­na­thi Nt­la­ba­ka­nye, vleu­els Da­vid Ca­ry en Ti­no S­wa­ne­poel, en heel­ag­ter, Ken­ne­dy M­pe­ku, al­mal goed ver­toon.

Die flank Mark Sny­man was uit­ste­kend.

Die Haaie se skrum­ska­kel, Sa­ne­le No­ham­ba, is ’n spe­ler van ge­hal­te. Al dié spe­lers be­hoort in aan­mer­king te kom wan­neer die SA S­ko­le­span in die ko­men­de dae be­kend ge­maak word.

Die Goue Leeus-15-tal het die hoof­wed­stryd van die A­ka­de­mie­week met 45-14 teen die Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te ge­wen.

Fo­to’s: MARIUS NORTJÉ

Herman A­gen­bag van die Vry­staat hou vir De Wet Marais in die lug ná ’n in­skop.

Die se­ë­vie­ren­de Goue Leeus­span na­dat hul­le die hoof­wed­stryd van die Cra­ven­week­toernooi met 45­18 ge­wen het.

Die Goue Leeus se lin­ker­vleu­el, Ti­no S­wa­ne­poel, duik oor vir sy drie in die hoof­wed­stryd teen die Haaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.