Du P­reez swyg liefs oor bla­ser

Ac­ker­mann kies woor­de ver­sig­tig

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han Ac­ker­mann het Sa­ter­dag sim­pa­tie met sy Haaie-e­we­knie, Ro­bert du P­reez, ge­had oor die frus­tra­sie wat hy er­vaar het met se­ke­re be­slis­sings van die skeids­reg­ter, Marius van der West­hui­zen.

Nie een van die twee wou hul mon­de o­pen­lik uit­spoel oor hoe Van der West­hui­zen die kwart­eind­stryd van die Su­per­reeks, wat die Leeus op El­lis­park met 23-21 “ge­steel” het, han­teer het nie, maar dit kon tus­sen die ly­ne ge­lees word dat dit nie hul goed­keu­ring weg­ge­dra het nie.

Daar was ’n aan­tal om­stre­de be­slis­sings en Du P­reez het, toe hy daar­oor uit­ge­vra is, ge­sê: “Jy weet ek mag niks sê oor swak skeids­reg­ter-be­slis­sings nie.”

Op die vraag wat hy ge­dink het hoe die wed­stryd han­teer is, het Ac­ker­mann ge­sê: “Ek kan my in­dink hoe­kom hy (Du P­reez) dit sê. As ons ver­loor het, sou ek ook my sê wou sê oor se­ke­re din­ge wat ge­beur het, maar nou sal ek vol­staan met geen kom­men­taar.”

Dit sou ver­al ’n be­slis­sing in die laas­te twee mi­nu­te, waar die Haaie ge­voel het Ko­bus van Wyk is son­der die bal ge­duik deur Court­nall S­ko­san na­by die Leeus se doel­lyn, wat die be­soe­kers laat brom het.

Ac­ker­mann was baie ver­lig dat sy span uit­ein­de­lik die vet uit die vuur kon krap.

“Met rus­tyd het ons tegniese a­na­lis vir ons ge­sê ons het 65 per­sent van die bal­be­sit, maar dit het nie so ge­lyk soos ons ge­speel en fou­te ge­maak het nie, het Ac­ker­mann ge­sê na­dat sy span ná die eer­ste 40 mi­nu­te kwaai met die rug teen die muur was en ’n ag­ter­stand van 3-14 ge­had het.

Die geel­kaart wat die Haai­e­slot S­te­phan Le­wies eg­ter in die vyf­de mi­nuut van die twee­de helf­te ge­kry het ná her­haal­de oor­tre­dings van die be­soe­kers, was ’n keer­punt.

In die tyd­perk wat die Haaie toe met 14 spe­lers moes klaar­kom, het die Leeus twee drieë ge­druk en sterk te­rug­ge­kom in die prent­jie.

’n Der­de drie deur Li­o­nel Ma­poe, na­dat sy sen­ter­maat Ha­rold Vor­ster flink ge­dink het en ’n vin­ni­ge straf­skop ge­neem het voor­dat hy ver ge­vor­der het, het die Leeus weer laat voor­loop.

Dit is eg­ter nie die ein­de van die dra­ma nie, want Fran­co Mos­tert het self geel ge­sien na­dat hy ’n Haaie-dryf­be­we­ging on­wet­tig ge­stuit het en net daar­na kon Da­niel du P­reez druk van­af ’n skrum om die Dur­ba­nie­te weer te laat voor­loop.

Die Leeus het eg­ter ka­rak­ter ge­toon om as oor­win­naars van die veld te kon stap.

■ Pun­te­ma­kers: Leeus 23 (3): Drieë: Fran­co

Mos­tert, Ja­co K­riel, Li­o­nel Ma­poe. Doel­skop:

El­ton Jan­tjies. Straf­doe­le: Jan­tjies, Ru­an Com­brinck. Haaie 21 (14): Drieë: Ko­bus van Wyk, Da­niel du P­reez. Doel­skop: Cur­win Bosch. Straf­doe­le: Bosch (2). S­kep­doel: Bosch.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ro­bert du P­reez, die Haaie se hoof­af­rig­ter.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.