Stormers se F­leckie ‘te­vre­de’ met hoe skeids­reg­ter blaas

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die Stormers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, meen nie die skeids­reg­ter, Ja­co Pey­per, het sy span van ’n moont­li­ke se­ge in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-kwart­eind­stryd teen die C­hiefs op Nu­we­land ont­neem nie.

Hoe­wel die C­hiefs met 17-11 ge­wen het, kon die uit­slag mak­lik an­ders ge­wees het as hul los­kop­stut, Ka­ne Ha­mes, in die 72ste mi­nuut ’n geel­kaart ge­kry het vir ge­niep­si­ge spel toe hy die Stormers se S­pring­bok-vas­kop­stut, Frans Mal­her­be, son­der die bal ge­stamp het.

In daar­die ge­val sou die C­hiefs slegs 13 spe­lers op die veld ge­had het na­dat die All Black-flank Sam Ca­ne reeds in die koel­kas be­land het vir ’n ge­vaar­li­ke duik­slag op Dil­lyn Leyds.

“Dalk het die 50-50-be­slis­sings nie ons kant toe ge­gaan nie. Ja­co is een van die bes­te skeids­reg­ters ter wê­reld en moet die wed­stryd blaas soos hy dit sien. Ons is te­vre­de met hoe hy die wed­stryd han­teer het. Die uit­slag is nie deur hom be­paal nie,” sê die Stormers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck.

“Ek dink daar was mis­kien ’n che­ap shot op Frans wat ons voel dalk met ’n geel­kaart ge­straf kon word. As die C­hiefs slegs 13 spe­lers op die veld ge­had het, kon dit ’n an­der wed­stryd ge­wees het.”

Ha­mes is wel ge­straf en SP Marais het die tel­ling met sy twee­de straf­skop 11-12 ge­maak.

“Ek het ge­dink ons was op daar­die tyd­stip die be­ter span. Ons dryf­be­we­gings het goed ge­werk en skrums was doel­tref­fend,” sê F­leck.

Die Stormers het hul kans ge­had. Marais het ’n straf­skop ver­brou wat met min­der as 10 mi­nu­te oor aan hul­le die voor­sprong kon ge­gee het.

Dit was ook ’n fla­ter op die ver­de­di­ging wat S­haun S­te­venson toe­ge­laat het om die C­hiefs se e­nig­ste, maar be­slis­sen­de drie laat in die wed­stryd te druk.

Hier en daar in die eer­ste helf­te het die Stormers se dis­si­pli­ne hul­le ook in die steek ge­laat en het hul­le vir Da­mi­an M­cKen­zie toe­ge­laat om met sy ste­wel vir die C­hiefs ’n rus­tyd­voor­sprong van 9-3 te gee.

Die C­hiefs se ver­de­di­ging was ook uit­ste­kend.

Die Stormers ver­dien kre­diet vir hoe hul­le die C­hiefs ge­stuit het.

■ Pun­te­ma­kers: C­hiefs 17 (9): Drie:

S­haun S­te­venson. Straf­doe­le: Da­mi­an

M­cKen­zie (4).

Stormers 11 (3): Drie: Siya Ko­li­si. Straf­doe­le: SP Marais (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.