G­rie­kwas brom nie oor kaart teen Bul­le; eer­der oor skop­werk

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

Om am­per­tjies te wen, help niks nie.

So sê Pe­ter Eng­le­dow, brei­er van G­rie­kwas, na­dat hul­le na­el­skraap in ’n wip­plank­stryd met 45-51 teen die Blou Bul­le in hul Cur­rie­be­ker-wed­stryd Sa­ter­dag­aand in Kim­ber­ley vas­ge­val het.

“Ons kon ge­wen het, maar ons het nie, so dit help eint­lik niks nie. Ons skop­werk het ons in die steek ge­laat. Ons lyn­skop­pe was by meer as een ge­leent­heid nie uit ge­wees nie. So het ons eint­lik be­sit weg­ge­gee,” sê hy.

Die Bul­le het se­we drieë teen­oor die vyf van die tuis­span ge­druk.

G­rie­kwas het kort ná rus­tyd hul ag­ter­stand van 20-26 in ’n voor­sprong van 28-26 ver­an­der dank­sy ’n on­der­skep­drie deur die skrum­ska­kel, Chris­ti­aan Mey­er, en ’n straf­doel deur die los­ska­kel, An­dré Swarts.

Die Pou­blou­es se kap­tein, AJ Coert­zen, is in die 53ste mi­nuut met ’n geel­kaart van die veld ge­stuur ná ’n oor­tre­ding by ’n los­skrum. Die Bul­le het in dié tyd twee drieë gaan druk.

Eng­le­dow dink nie Coert­zen se geel­kaart het die mo­men­tum in die be­soe­kers se guns ge­swaai nie.

“Hy het die Bul­le ver­hoed om ’n drie te druk, toe hy on­ge­luk­kig oor­tree het. Sul­ke voor­val­le gaan ge­beur,” sê Eng­le­dow.

Hoe­wel hy te­leur­ge­steld is dat hul­le nie die Bul­le kon klop nie, sê hy sy spe­lers het hul bes ge­gee.

“Daar is baie spe­lers in hul span wat Su­per­rug­by ge­speel het.”

Die vas­kop­stut, S­te­phan Kot­ze, is op die nip­per­tjie voor die wed­stryd in die plek van E­wald van der West­hui­zen, wat met griep suk­kel, in­ge­sluit. De Wet Kru­ger was ook ’n laat in­slui­ting op die plaas­ver­van­gers­bank vir die flank Wen­dal Wehr, wat las van ’n skou­er­be­se­ring het.

Eng­le­dow sê Wehr, wat baie pyn ver­duur, sal van­dag ’n spe­si­a­lis sien.

Boon­op is die lin­ker­vleu­el, Koch Marx, in die tien­de mi­nuut met wat lyk na ’n erns­ti­ge knie­be­se­ring van die veld af.

Eng­le­dow sê En­ver Brandt, wat Marx ver­vang het en twee drieë ge­druk het, het sy kan­se be­nut en hom goed van sy taak ge­kwyt.

■ Pun­te­ma­kers: Blou Bul­le 51 (26) – Drieë:

A­bon­gi­le Non­k­ont­wa­na, Piet van Zyl, Ja­co Vi­sa­gie, Dun­can Mat­thews, War­rick Ge­lant, An­dré War­ner, Tra­vis Is­mai­el. Doel­skop­pe: Ti­nus de Beer (3), Jos­hua S­tan­der (2). Straf­doe­le: De Beer, Ge­lant. G­rie­kwas 45 (20) – Drieë: E­de­ries A­rend­se, En­ver Brandt (2), Chris­ti­aan Mey­er, Jo­na­than Jan­se van Rens­burg. Doel­skop­pe: An­dré Swarts (2), Ge­or­ge W­hi­te­he­ad (2). Straf­doe­le: Swarts (4).

Fo­to: GALLO IMAGES

Ter­ti­us Kru­ger van G­rie­kwas loop hom in ’n muur van Bul­ver­de­di­gers vas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.