Ys in S­pieth se are

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Wie ook al die draai­boek vir Jor­dan S­pieth se laas­te ron­de van die B­rit­se Ope-gholf­toer­nooi gis­ter by Roy­al Birk­da­le ge­skryf het, kan ten bes­te be­skryf word as har­te­loos. En ná hy dít oor­kom het om steeds die week met die Cla­ret Jug in sy han­de af te sluit, is dit dalk nie ver­ge­sog om S­pieth ook só te be­skryf nie.

’n Hart is im­mers nie ge­maak om ys te pomp nie. En die ys in S­pieth se are was uit­ein­de­lik die sleu­tel tot ’n merk­waar­di­ge se­ge vir dié jong A­me­ri­ka­ner.

Op die ou­der­dom van 23 jaar en 361 dae het S­pieth Son­dag die jong­ste man ooit ge­word om drie ma­jor-ti­tels ag­ter sy naam te skryf, toe hy die B­rit­se Ope in En­ge­land met drie houe oor sy land­ge­noot Matt Ku­char ge­wen het.

Dit was net die 19de ma­jor­toer­nooi van sy jong le­we.

S­pieth vier Don­der­dag sy 24ste ver­jaar­dag, maar sy fa­mi­lie hoef nie hul kop­pe te breek oor ’n ge­skenk nie.

S­pieth was aan die be­gin van die laas­te ron­de drie houe voor Ku­char en ses houe voor die der­de ge­plaas­te Brooks Koep­ka. Maar dit was gou dui­de­lik dat sy pad na B­rit­se Ope-glo­rie nie ge­pla­vei sou wees nie. S­pieth se bof­hou op die eer­ste put­jie was wind­skeef en hy het met ’n brou­hou be­gin. Hy het ook op die der­de en vier­de put­jies houe aan sy­fer af­ge­staan.

Ná nóg ’n brou­hou op die ne­gen­de was hy en Ku­char saam voor, en so het dit ge­bly tot op die 13de put­jie – die ver­hoog waar klug en won­der­werk ont­moet het.

S­pieth het sy bof­hou ge­slaan tot diep in die lang gras. Dit het hom en die re­ël­be­amp­tes 20 mi­nu­te ge­neem om te be­paal waar hy sy straf­hou moes neem – maar ’n voor­val wat die mees­te spe­lers sou breek, het hom slegs ’n en­ke­le brou­hou ge­kos.

Mi­nu­te la­ter het die jong A­me­ri­ka­ner die bal op die sy­fer-3 14de put­jie tot sen­ti­me­ters van die blik­kie ge­slaan vir ’n vo­ël­tjie wat daar­die brou­hou uit­ge­kan­sel­leer het – en toe te­ken hy op die 15de ’n a­rend aan met ’n skit­ter-set­hou. Dít was die set­hou wat die laas­te bie­tjie wind uit Ku­char se sei­le ge­neem het. S­pieth het daar­na ook vo­ël­tjies op die 16de en 17de put­jies aan­ge­te­ken en al­le twy­fel oor die be­stem­ming van die tro­fee uit die weg ge­ruim.

Ku­char en S­pieth het al­bei 69 houe (een min­der as sy­fer) ge­speel. S­pieth se wen­to­taal was 268 (-12).

S­pieth sal nou na aan­staan­de maand se A­me­ri­kaan­se PGA-kam­pi­oen­skap by die Qu­ail Hol­low-baan in North Ca­ro­li­na gaan met ’n kans om die jong­ste Grand Slam-wen­ner in die ge­skie­de­nis te word – se­we maan­de jon­ger as wat Ti­ger Woods was toe hy dit in 2000 ver­mag het.

Suid-A­fri­ka se Bran­den Gra­ce het ge­sa­ment­lik ses­de in die Ope ge­ëin­dig, se­we houe ag­ter S­pieth ná ’n ron­de van 70. Hy het Sa­ter­dag ge­skie­de­nis ge­maak toe hy die eer­ste man ooit ge­word het wat ’n ron­de van 62 in ’n ma­jor-toernooi kon aan­te­ken.

Fo­to: REU­TERS

’n Be­ker om te be­min. Jor­dan S­pieth lief­koos die Cla­ret Jug na­dat hy gis­ter die B­rit­se Ope met drie houe by Roy­al Birk­da­le in En­ge­land ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.