Ca­me­ron swem nie in 100 m­bors­slag

Beeld - - Sport - Ti­nus van Staden

Ca­me­ron van der Burgh was nê­rens in sig toe die uit­dun­ne van die 100 m-bors­slag gis­ter by die Wê­reld-swem­by­een­koms in Boe­da­pest ge­hou is nie.

Van der Burgh, wat ver­le­de jaar die sil­wer­me­dal­je in die 100 m-bors­slag op die O­lim­pie­se S­pe­le ge­wen het, het nie, soos aan­vank­lik ver­wag is, aan dié i­tem deel­ge­neem nie.

Die e­nig­ste an­der i­tem op sy ske­du­le is die 50-bors­slag, wat mô­re plaas­vind.

Die Suid-A­fri­kaan­se swem­af­rig­ter, Gra­ham Hill, het gis­ter laat weet Van der Burgh wil hom lie­wer op die 50-bors­slag toe­spits.

“Hy voel hy is nie fiks ge­noeg vir die 100-bors­slag nie. Hy voel hy het ’n be­ter kans in die 50-bors­slag,” het Hill uit Boe­da­pest ge­sê.

Van der Burgh (29) het ’n me­dal­je in die 50-bors­slag op die laas­te vyf Wê­reld­by­een­koms­te ge­wen. Twee daar­van was goud.

Van der Burgh het Sa­ter­dag ’n fo­to van die swem­bad in die Hon­gaar­se hoof­stad op T­wit­ter ge­deel met die on­der­skrif: “Die swem­bad lyk on­ge­loof­lik”.

Die B­rit A­dam Pe­a­ty het die vin­nig­ste tyd (58.21 se­kon­des) in die 100-bors­slag se uit­dun­ne be­haal.

Geen an­der swem­mer kon die muur in vin­ni­ger as 59 se­kon­des raak nie.

Die an­der Suid-A­fri­ka­ners wat gis­ter deel­ge­neem het, kon nie ver­by die uit­dun­ne van hul i­tems vor­der nie.

B­rent S­zur­do­ki het die 33ste vin­nig­ste tyd in die 400-vry­slag ge­swem met sy 3 mi­nu­te 54.34 se­kon­des.

Fe­lix Au­böck van Oos­ten­ryk het die vin­nig­ste uit­dun­tyd van 3:44.29 be­haal.

Ka­te Be­a­von het die 27ste vin­nig­ste uit­dun­tyd (4:20.82) in die 400-vry­slag vir vroue be­haal.

Die A­me­ri­ka­ner Ka­tie Le­decky het die by­een­koms­re­kord in die uit­dun­ne op­ge­stel met haar blit­si­ge tyd van 3:59.06.

Die Suid-A­fri­kaan­se mans- en vroue-af­los­span­ne kon nie een ver­by die uit­dun­ne van die 4x100-vry­slag vor­der nie.

C­had le Clos en Mi­les Bro­wn neem van­dag aan die 200-vry­slag deel, ter­wyl Sa­man­tha Rand­le die 1 500-vry­slag swem. Kay­le­ne Cor­bett swem in die 100-bors­slag.

Fo­to: GETTY IMAGES

A­dam Pe­a­ty ty­dens die 100 m­bors­slag op die Wê­reld­by­een­koms in Boe­da­pest.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.