Froome nou een van heel gro­tes

Beeld - - Sport - – le­tour.com

Chris Froome (Te­am Sky) het gis­ter in Pa­rys in die voet­spo­re van die heel gro­tes van fiets­ry ge­volg toe hy die Tour de Fran­ce ’n vier­de keer ge­wen het.

Die 21ste en laas­te skof oor 103 ki­lo­me­ter het van Mont­ge­ron na Pa­rys ge­strek en het agt rond­tes op die C­hamps E­ly­sees in­ge­sluit.

Die skof is deur Dy­lan Groe­ne­we­gen (Te­am Lot­to NL-Jum­bo) in ’n tyd van 2 uur 25 mi­nu­te en 39 se­kon­des ge­wen.

An­dré G­rei­pel (Lot­to Sou­dal) was twee­de en Ed­vald Bo­as­sen Ha­gen van Di­men­si­on Da­ta der­de.

Froome is nou op die hak­ke van Ja­c­ques An­quetil, wat die Tour ’n re­kord­ge­tal vyf keer ge­wen het.

“Ek is spra­ke­loos. Dis ’n on­ge­loof­li­ke ge­voel. Hul­le (tour­oor­win­nings) is al­mal spe­si­aal, maar dié een sal ont­hou word as die een waar­voor ek die hard­ste moes veg,” het Froome ge­sê.

“Dis on­ge­loof­lik om my vrou en jong seun­tjie ná so­veel we­ke weer te sien. Dit was maan­de op die pad,” het Froome aan Sk­ysports.com ge­sê.

Vol­gens Froome voel hy geerd om is die­self­de a­sem as vo­ri­ge Tour-le­gen­des soos An­quetil, Ed­dy Merckx, Ber­nard Hi­nault en Mi­guel In­du­rain ge­noem te word.

“Dit sal ’n groot eer wees om vol­gen­de jaar vir die re­kord te gaan,” het Froome ge­sê.

Sy al­ge­he­le wen­tyd oor die 21 skof­te oor ’n af­stand van 3 540 km was 83 uur, 55 mi­nu­te en 16 se­kon­des. Hy het 54 se­kon­des voor Ro­ber­to Uran (Cann­on­da­le) ge­ëin­dig met Ro­main Bar­det (AG2R La Mon­di­a­le) der­de.

Suid-A­fri­ka se Lou­is Mein­tjies (UAE E­mi­ra­tes) het al­ge­heel agt­ste ge­ëin­dig (8:20 ag­ter Froome).

Chris Froome

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.