‘On­ge­hoor­sa­me’ held

Ac­kers het an­der op­drag ge­gee

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Fo­to’s: GALLO IMAGES

Dit is soms ook maar goed so dat spe­lers hul eie kop­pe volg en nie al­tyd luis­ter na wat die af­rig­ters wil doen nie. Vra maar vir Ru­an Com­brinck.

Want as hy Sa­ter­dag­mid­dag op El­lis­park ge­doen het wat sy af­rig­ter wou hê, was dit die end van die prent vir Jo­han Ac­ker­mann by die Leeus. Nou “le­we” dié brei­er én sy span ten min­ste nog ’n week lank.

Daar­die mon­ster­ag­ti­ge straf­doel van oor die 55 m waar­mee die Leeus hul kwart­eind­stryd in die Su­per­reeks teen die Haaie met 23-21 ge­wen het, sou nie werk­lik­heid ge­word het as Ac­ker­mann se be­ve­le ge­hoor­saam is nie.

Toe dié straf­skop en­ke­le mi­nu­te voor die eind­fluit­jie aan die Leeus toe­ge­ken is, wou Ac­ker­mann hê sy span moes kant­lyn toe skop en met ’n drie die ag­ter­stand van 21-20 pro­beer uit­wis.

Ja­co K­riel, die Leeus se kap­tein, ver­tel die ver­haal: “El­ke keer met ’n straf­skop kyk ek na die kant­lyn, waar JP (Fer­rei­ra, die ver­de­di­gings­af­rig­ter) en Cash (I­van van Rooy­en, die fiks­heids­des­kun­di­ge) die bood­skap van co­ach Ackies kry oor wat ge­doen moet word.

“Hul­le het ge­wys ons moet kant­lyn toe gaan, maar toe ek om­draai het Com­mies al klaar die ke­gel in sy hand ge­had om pa­le toe te skop.

“As Com­mies sy kop op iets sit, suk­kel jy om hom an­ders te oor­tuig en ek het toe maar vir hom ge­sê: Ja, skop maar pa­le toe, jong.”

Com­brinck het kort te­vo­re met ’n veel mak­li­ker po­ging mis­luk, na­dat El­ton Jan­tjies ook vroe­ër in die wed­stryd vier keer wind­skeef ge­kor­rel het en dit wou voor­kom as­of die hor­rel­po­te van hul skop­pers die Leeus duur te staan sou kom.

“Com­mies het juis ná hy daar­die eer­ste een ge­mis het, ge­kla dat hy kram­pe ge­kry het en dit is hoe­kom hy dit ge­mis het. Ek dink dit was net ’n ver­sko­ning,” het K­riel met ’n glim­lag ge­sê.

“By el­ke oe­fe­ning oe­fen hy (Com­brinck) ná die tyd daar­die skop­pe van so 60 m of wat. Hoe­veel hy van hul­le oor­kry, weet ek nie, maar van­dag (Sa­ter­dag) het hy ons ge­red.”

Toe Com­brinck daar­die wenskop van hom tref, het die bal met ’n lae tra­jek koers ge­kies pa­le toe. El­lis­park het a­sem op­ge­hou ter­wyl die bal be­sluit of hy oor die dwars­lat gaan kruip of nie.

Toe hy wel be­sluit om aan die reg­te kant (vir die Leeus) van die dwars­lat sy ver­sky­ning te maak en die as­sis­tent­skeids­reg­ters se vlae om­hoog skiet, was daar pan­de­mo­ni­um in die sta­di­on. Selfs Ac­ker­mann kon nie kwaad wees dat sy be­ve­le ver­ont­ag­saam is nie.

Ru­an Com­brinck lê aan pa­le toe en trek los met die mon­ster­ag­ti­ge straf­skop wat die Leeus se plek in die half­eind­ron­de van die Su­per­rug­by­reeks be­klink het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.