Hur­ri­ca­nes sal soos Haaie speel, sê Leeus­brei­er

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die suk­kel­se­ge van die Leeus oor die Haaie die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag op El­lis­park, was ’n goeie kleed­re­pe­ti­sie vir hier­die week se half­eind­stryd in die Su­per­reeks teen die Hur­ri­ca­nes, sê Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter van die span van die Goud­stad.

Die Leeus het met 23-21 deur­ge­skraap en is nou Suid-A­fri­ka se e­nig­ste vaan­del­dra­er in die laas­te vier, met die an­der drie al­mal Nieu-See­land­se span­ne.

Die Hur­ri­ca­nes moet Sa­ter­dag om­ge­dop word vir die Leeus om te ver­se­ker hul­le vir die eind­stryd op El­lis­park kwa­li­fi­seer.

“Ek ver­wag die Hur­ri­ca­nes gaan baie soos die Haaie speel. Hul­le gaan ons ruim­te wil in­perk en in ons ge­sig­te boer so­dat ons nie kan aan­val soos ons graag wil nie.

“Van­dag was dus dalk ’n goeie proef­lo­pie vir vol­gen­de week,” sê Ac­ker­mann.

Die Hur­ri­ca­nes het die Leeus ver­le­de jaar twee keer – een daar­van in die eind­stryd in Wel­ling­ton – ge­klop. Dié Nieu-See­lan­ders is ook die laas­te span wat die Leeus op El­lis­park kon klop.

“Ons sal hul­le nou hier­die week goed gaan ont­leed en op ’n stra­te­gie be­sluit. Dalk sal dit no­dig wees om tak­ties be­ter te skop en dit as ’n aan­vals­wa­pen

te ge­bruik, eer­der as om net te wil hard­loop,” sê hy.

Hy er­ken daar was ’n sta­di­um in hier­die in­ten­se wed­stryd teen die Haaie waar hy ge­won­der het of dit nou die wy­se is waar­op sy tyd­perk aan die s­tuur van die Leeus tot ’n ein­de gaan kom.

“Joel S­tran­sky (van Su­perS­port) het my voor die wed­stryd ge­vra of ek daar­aan dink dat dit po­ten­si­eel my laas­te wed­stryd as af­rig­ter van die Leeus kon wees.

“Ek het ge­sê ja, maar dat ek bly sal wees as ons net met een punt kon wen. Daar ge­beur dit om­trent net so en dit wys jou jy moet soms ver­sig­tig wees waar­voor jy wens,” sê Ac­ker­mann.

Hy maak geen ge­heim daar­van nie dat hy glo sy span was ge­luk­kig om met hier­die oor­win­ning weg te kom.

“Ek sal na­tuur­lik die oor­win­ning e­ni­ge dag vat, maar ons het be­slis nie goed ge­speel nie. Ons sal baie be­ter moet doen as ons ver­der wil vor­der – dit is ge­wis,” sê hy.

“Ons kan nie die soort fou­te bly maak wat ons Sa­ter­dag ge­maak het nie. Om ’n on­der­ske­paan­gee te gooi waar­mee hul­le kon gaan druk, het ons op die ag­ter­voet ge­plaas.

“Dan was daar die breek­slag van An­dries Fer­rei­ra waar die be­we­ging skip­breuk ge­ly het en ook an­der goeie ge­leent­he­de om te druk wat nie be­nut is nie.

“As jy die kam­pi­oen wil word, kan jy nie daar­die fou­te maak nie.

“Ons be­sluit­ne­ming het soms veel te wen­se oor­ge­laat. Ho­pe­lik is al die ke­re wat die bal ook vir ons ver­keerd sou spring nou met hier­die een wed­stryd uit die pad ge­kry,” sê hy.

Ja­co K­riel, die kap­tein, sê die skuld kan nie net voor en­ke­le spe­lers se deur ge­lê word nie.

“Ons het goeie kan­se ge­skep, maar dit nie af­ge­rond nie. Die Haaie het baie goed ver­de­dig en ver­dien kre­diet daar­voor.

“Hul­le het ons on­der baie groot druk ge­plaas. Dat ons uit­ein­de­lik kon wen, sê baie vir ons ka­rak­ter en nou kan ons weer be­gin werk aan vol­gen­de week.

Waar die Hur­ri­ca­nes in die vroeë og­gend­u­re gis­ter in Syd­ney die wed­stryd sou ge­volg het, moes hul­le in ’n sta­di­um ge­voel het hul­le gaan ’n tuis­half­eind­stryd teen die Haaie in Wel­ling­ton kry en dat hul­le net die kort ent­jie huis toe sou moes vlieg eer­der as om al die pad SuidA­fri­ka toe te moet kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.