Daar’s lig in ton­nel, sê F­leck

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Of dit nou 21-60 of 11-17 in ’n uit­klop­wed­stryd in die Su­per­rug­by-reeks is, die uit­koms is die­self­de: Die ein­de van jou veld­tog en in die ge­val van die Stormers nóg ’n soek­tog na ’n sil­wer­rand­jie om ’n don­ker wolk.

Rob­bie F­leck, die Stormers se af­rig­ter, het nie­te­min on­danks die na­week se ne­der­laag teen die C­hiefs re­de tot op­ti­mis­me. Om ’n kwart­eind­stryd met ses pun­te te ver­loor ná ver­le­de jaar se 39 teen die­self­de span, is im­mers ’n daad­werk­li­ke ver­be­te­ring. Die Stormers het selfs ge­leent­he­de ge­had om die wed­stryd te be­klink.

“Ver­le­de jaar se ne­der­laag was ’n vernedering, maar ge­ge­we die vor­de­ring wat ons die af­ge­lo­pe jaar ge­maak het, is hier­die een moei­li­ker om te ver­werk,” sê F­leck.

“Die wed­stryd was op ’n mes­kant en met vyf mi­nu­te oor was die ver­skil slegs ’n punt. Ons het die kans ge­had om die voor­tou te neem. Ek weet nie of die bes­te span ge­wen het nie.”

F­leck troos hom daar­aan dat die Stormers van­jaar in tal­le af­de­lings van die spel met ras­se skre­de ver­be­ter het.

“Al die din­ge waar ons ver­le­de jaar te­kort ge­skiet het – ons kon­di­si­o­ne­ring, vaar­dig­he­de en be­sluit­ne­ming – is as­pek­te waar­aan ons ge­wel­dig hard ge­werk het en waar daar ’n mas­sie­we ver­be­te­ring was,” sê hy.

Met slegs ’n hand­vol se­ni­or spe­lers wat el­ders wei­vel­de gaan soek, be­hoort die Stormers kon­ti­nu­ï­teit te hê wat hul spe­ler­korps be­tref.

C­heslin Kol­be (vleu­el), Ju­an de Jongh (sen­ter), Oli Keb­ble (los­kop­stut) en Huw Jo­nes (sen­ter) is reeds be­ves­tig as spe­lers wat die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie gaan ver­laat. Die los­ska­kel Ro­bert du P­reez gaan hom waar­skyn­lik ook by die Haaie aan­sluit.

Die aan­wins van die S­pring­bok-stut S­te­ven Kits­hoff vergoed reeds vir die ver­lies van Keb­ble.

Ser­ge­al Pe­ter­sen en Ray­mond R­hu­le, die C­hee­tah-vleu­els wat glo deur die WP ge­lok is, is ook ewe goeie aan­val­len­de vleu­els as Kol­be.

P­re­sies wat die WP met die ver­wag­te aan­wins van die sen­ter-vleu­el JJ En­gel­brecht be­oog, moet nog ge­sien word.

Die be­se­rings aan Du P­reez en Je­an-Luc du P­les­sis het ’n ju­weel in Da­mi­an Wil­lem­se na vo­re laat tree op los­ska­kel. Hy het Sa­ter­dag die All Black Aa­ron Cru­den as reg­streek­se teen­stan­der ge­had en nie uit sy diep­te ge­lyk nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.