Wat sê jy? S­tuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Kommentaar - SMS’e kos R1,50

Ek stem saam met dr. Pie­ter Mul­der in sy ar­ti­kel in Beeld (21.06) dat die nu­we rig­ting waar­in Dei­dré le Ha­nie die ATKV wil s­tuur op ’n ramp gaan uit­loop. Ek is al baie ja­re lank ’n lid van die ATKV en sal nie skroom om my lid­maat­skap op te skort nie. Ek is se­ker daar is baie an­der le­de wat ook so voel. – Wil­lie, Roo­de­poort

Ek is trots A­fri­kaans en ’n Chris­ten, maar wei­er om by die ATKV aan te sluit as Mos­lems on­danks hul on­skat­ba­re by­drae tot A­fri­kaans uit­ge­sluit word. – Le­ser, Gars­fon­tein

Dan­kie tog vir Le­o­pold S­choltz en dr. Pie­ter Mul­der se e­we­wig­ti­ge ar­ti­kels. K­nip dit uit, lees dit ge­reeld. Net deur jou i­den­ti­teit te be­hou, kan jy sin­vol daar­toe by­dra om die am­per ver­ge­te re­ën­boog in stand te hou. – Car­rie, P­re­to­ria

Le­o­pold S­choltz, jou ar­gu­ment dat A­fri­kaans a­part­heid voor­stel, is baie sim­plis­ties. Moet ek aan­hou dink dat En­gels die taal van kon­sen­tra­sie­kam­pe en dood is? Kom ons praat reg­uit met me­kaar: A­fri­kaans is ’n ver­bo­de taal in Suid­A­fri­ka. Die toets vir A­fri­kaans gaan kom of dit as ’n in­heem­se taal in Suid­A­fri­ka her­ken gaan word. – Neels C

Ek het ’n plan vir die kleu­ter­skool­per­so­neel­le­de wat be­trok­ke was by die af­spuit van die drie­ja­ri­ge kleu­ter. Spuit hul­le af in die koue, voor die he­le skool . . . dan hoor ons hoe lag hul­le! Dit is af­knou met ’n lag. Ek glo dit was nie die eer­ste keer nie. Doen ’n bie­tjie on­der­soek; daar is nog ge­val­le. – Ou­ma, G­re­t­chen

Piet Ma­ti­pa, eer­stens: Ek hou baie van jou. Twee­dens: Ver­dui­de­lik aan my hoe kry jy dit reg om die k­woord so mil­de­lik in Beeld te ge­bruik, son­der na­ge­vol­ge, maar as wit men­se dit sou durf waag, is dit tronk­sa­ke? – Lou­is Vil­joen, Kroon­dal

Ma­rie en Be­sorg­de le­ser, jul­le is so reg. KFC smaak nie eens meer soos hoen­der nie. En dit ruik snaaks! – Mich, Cen­tu­ri­on

G­re­tha Wi­id bly in die nuus (goed of sleg). Dit is ’n ou truuk: Gra­tis re­kla­me is goed vir sa­ke. – Jo­han, Or­kney

Ou Kal­lie, soos baie be­voor­reg­tes kla jy el­ke dag steen en been oor din­ge wat jy kan ver­an­der. Raak sen­si­tief vir die swaar­kry van jou me­de­mens en maak som­mer jou beur­sie ook oop. Al­les wat ons het, is im­mers net aan ons ge­leen. – De­on Bek­ker

Kan die me­dia as­se­blief op­hou om van sa­ni­tê­re doe­kies te praat? Sê dan net vroue/mei­sies­be­no­digd­he­de vir die in­sa­me­

lings­fonds. Sul­ke bla­tant­heid grief ons vroue. – Na­o­mi, Na­boom V Weet ie­mand of die Trans­net­pen­si­oen­trek­kers se hof­saak nog aan die gang is? – Jan, Kemp­ton Park

Die dag dat Beeld op­hou om ar­ti­kels oor De­rick Hou­gaard te skryf . . . gaan hy ho­pe­lik be­sef hy is nie ’n ce­le­bri­ty nie. – Lou­i­se J, I­re­ne

As Beeld so min nuus het dat hy ’n vol­blad aan De­rick Hou­gaard kan af­staan, het dit tyd ge­word dat ek dit kan­sel­leer. – Le­on, Roo­de­krans

De­rick, ek is baie trots op jou. Jy is so po­si­tief en vol toe­koms­plan­ne, maar los die ver­le­de. Moe­nie jou seer­kry en ver­le­de so ver­troe­tel nie. Be­weeg aan en gryp jou toe­koms­plan­ne aan en wees die bes­te wat jy kan wees! – Het­tie Op­per­man, Rand­burg

De­rick is reg: Mil­joe­ne men­se gaan deur eg­skei­dings en moei­li­ke tye, maar kerm nie al­tyd in die koe­ran­te nie. Bly hy het nou ’n werk. – Stel S­traat­na­me op rand­ste­ne: Dit kan werk, maar dan moet die gras­pol­le wat in die straat groei eers uit­ge­skof­fel word. – A­let­ta, Or­kney

Dus is dit on­be­twis­baar dui­de­lik: Hier­die ANC­re­ge­ring be­steel die land. Be­las­ting­be­ta­lers is die melk­koeie en ar­mes word ook hul deel mis­gun. – Ma­ri­a­na, Vaal V Daar is net een ma­nier om ANC­LP’s te kry om teen pres. Ja­cob Zu­ma te stem: Be­lo­we hul­le ’n pos in die nu­we ko­a­li­sie­re­ge­ring. – M.P., Van­der­bijl

Ek het ook op ’n plaas groot­ge­word. My pa het ons ge­leer as jy ’n dier dood­maak, moet jy hom kan op­eet. Hoe­kom nou ’n prag­dier soos Xan­da gaan jag? Net om­dat jy geld het en moord­lus­tig is. Die mens het siek ge­raak. Sal stem as dit ’n pro­bleem­dier was, maar som­mer net om te dood? – Wol­lie, Rus­ten­burg

Pie­ter, hier in Pa­rys word mo­tors nie ge­steel nie. Die wag­te help jou net uit die par­keer­plek ná ’n lek­ker ete of in­ko­pies. – JB, Pa­rys

Ja­ca­ran­da se ont­byt­pro­gram is nie meer die­self­de nie! Mar­tin en sy kol­le­ga ir­ri­teer die hel uit my met hul op­mer­kings en lief­de vir hul eie stem­me! Ons luis­ter nou sog­gens LM Ra­dio. – Chris, P­re­to­ria

Ons kin­ders toer in Botswa­na. Al­les or­de­li­ker en mens­li­ker as hier. Aan hul­le is on­om­won­de ver­klaar: Dis om­dat ons nog die dood­straf hier toe­pas! – Brenda

Dei­dré le Ha­nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.