Black Sash na­der ap­pèl­hof oor af­trek­kings op wel­syns­toe­lae

Beeld - - Boeke -

Die Black Sash Trust het ’n aan­soek in die ap­pèl­hof in­ge­dien om teen ’n uit­spraak van die hoog­ge­regs­hof te ap­pel­leer oor Net1 se af­trek­kings op wel­syns­toe­lae.

Die hoog­ge­regs­hof het in Mei sy uit­spraak ge­le­wer en die bur­ger­reg­te­groep se aan­soek om ap­pèl af­ge­wys.

Net1 is ’n ge­no­teer­de maat­skap­py wat in om­stre­den­heid ge­dom­pel is se­dert hy die kon­trak met die Suid­A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) ge­kry het om wel­syns­toe­lae te be­taal.

Die Black Sash voer aan tal­le maat­skap­pye, waar­van som­mi­ge deels in Net1 se be­sit is, aan ont­van­gers van wel­syns­toe­lae mi­kro­le­nings ver­skaf en be­graf­nis­po­lis­se ver­koop – men­se wat dit juis nie kan be­kos­tig nie.

“Klag­tes kom oor Suid­A­fri­ka heen voor dat ver­skeie maat­skap­pye uit­bui­ten­de prak­ty­ke ge­bruik om die wel­syns­toe­lae van be­guns­tig­des on­be­hoor­lik uit te put,” sê die Sen­trum vir Toe­ge­pas­te Reg­stu­dies, wat die Black Sash ver­teen­woor­dig, in sy eeds­ver­kla­ring wat Don­der­dag saam met die aan­soek in die ap­pèl­hof in­ge­dien is. Die re­ge­ring het vroe­ër re­gu­la­sies ver­an­der om die af­trek­kings te stop, maar Net1 het ’n regs­ge­ding be­gin om die ver­an­de­rin­ge on­gel­dig te laat ver­klaar.

Die hoog­ge­regs­hof het be­slis hy kan nie ’n be­per­king plaas op wat men­se met hul geld koop nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.